Wil jy met ons praat?
Indien jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, stuur hulle asseblief aan [email protected]

Is jy op soek na ons?
Besoek ons webtuiste gerus by www.libertylife.co.za

    Liberty Maandelikse Kommunikasie Julie 2010
Terwyl almal klem lê op die massiewe skuld wat deur Amerikaanse huishoudings opgestapel is, verloor ons uit die oog dat dit steeds een van die rykste lande in die wêreld is en dat Amerikaners steeds so ryk is as wat hulle nog altyd was. Die wêreld se herstel sal steeds deur die Amerikaanse verbruiker gedryf word.

Die Reserwebank se Kwartaallikse Bulletin dui aan dat huishoudings begin herstel namate besteding toeneem en skuldvlakke daal. Ons voortgesette lae vlakke van spaar bly egter 'n nasionale noodtoestand en dit sal ons vermoë om in sleutel-infrastruktuur te belê, in die wiele ry.

Lees meer in ons plaaslike en wêreldwye ekonomiese oorsigte.


Die Wêreldbeker is agter ons, die feesvieringe is verby en nou moet ons begin betaal vir alles wat ons bestee het - sowel in ons persoonlike hoedanigheid as in ons nasionale kapasiteit. Dit is dus gepas dat Julie spaarmaand is. Soos ons verbruikersekonoom Tendani Mantshimuli uitwys, is dit nodig dat Suid-Afrika sy spaarkoers opstoot ten einde te kan betaal vir die infrastruktuur wat ons so broodnodig het. Wanneer jy jou dus hierdie maand tot 'n spaarplan verbind, doen jy dit nie net vir jouself nie, maar ook in belang van jou land.

In die artikel - Waarvoor spaar jy? - kyk ons na wat spaar vir jou beteken en hoe om die regte beleggingsinstrument vir jou spaarpoging te kies.

Ons kyk ook na - Die krag van die debietorder - en hoedat dit nie net die dissipline om te spaar daarstel nie, maar ook die opbrengs op jou belegging verbeter.

Terwyl dit spaarmaand is, gaan baie van ons deur 'n Wêreldbeker-babelas in die gesig gestaar word. Is dit beter om die skuld terug te betaal, of om met 'n spaarplan te begin? Vir sekere riglyne oor die regte finansiële stragegie, lees die artikel Vind die ewewig tussen skuld en spaar.


Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies.

Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e-pos stuur aan [email protected]

Vriendelike groete

Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Retail SA


Wêreldwye ekonomiese oorsig

STANLIB-ekonoom Kevin Lings wys daarop dat die Amerikaanse verbruiker steeds 'n mag is om mee rekening te hou. Lees meer.


Weeklikse ekonomiese nuus

The Weekly Focus lewer kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings en word saamgestel deur Paul Hansen en Kevin Lings van STANLIB. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.libertylife.co.za
Plaaslike ekonomiese oorsig

Liberty verbruikersekonoom Tendani Mantshimuli bespreek die SARB se kwartaallikse Oorsig. Lees meer.


Beleggingsportefeulje-inligting

Beleggingsportefeuljes wat Liberty aanbied: prestasie, risiko-profiele, batetoewysing.
Lees meer.


Aanlyn Polishouersdienste

Laai belastingsertifikate af, besigtig poliswaardes en ander inligting, bring jou besonderhede op datum.
Lees meer.
Spaarmaand



"Liberty Groep is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die Finansiële Advies- en Tussentydse Dienstewet van 2002 ("FATD") (Lisensie no. 2409). Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang."


Indien jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, stuur hulle asseblief aan [email protected]