| Liberty Maandelikse Kommunikasie |
 |
Augustus 2010 |
 |
 |
|
 |
|
Die wêreldwye herstel kry die wind van voor omdat werkloosheidsyfers in die VSA steeds hoog is en verbruikers
sukkel om skuld af te betaal. Daar is egter 'n mate van ondersteuning vir die Amerikaanse huismark, wat behoort
te verhinder dat die ekonomie weer in 'n resessie verval.
Plaaslik was daar hewige debatte rondom die SA Reserwebank se besluit om nie in Julie uitleenkoerse te verander
nie. Gill Marcus, goewerneur, het dit egter duidelik gestel dat toekomstige rentekoersverlagings steeds moontlik
is indien die Suid-Afrikaanse ekonomie tekens van swakheid sou toon.
Kom meer te wete in ons
plaaslike en
wêreldwye ekonomiese oorsigte.
|
|
 |
|
Dit is die maand waarin ons die prestasies van vroue in ons gemeenskap vier. Ons verbruikersekonoom Tendani
Mantshimuli wys juis daarop dat 'n vrou tans aan die stuur is by ons Reserwebank, terwyl een van die drie
adjunk-goewerneurs ook 'n vrou is. Die koers waarteen vroue opgelei word, groei vinniger as by mans, terwyl
meer vroue ook die loopbaanmark betree.
Dit is belangrik vir vroue om te verseker dat hulle in staat is om hul inkomste te beskerm en vir hul aftrede
te beplan, veral wanneer hulle veranderinge beleef soos om te trou of met 'n gesin te begin.
Michelle Human, ons regsbemarkingspesialis, neem die finansiële kwessies waardeur vroue vandag in die gesig
gestaar word, onder die loep in die artikel Finansiële beplanning vir die moderne vrou.
Vroue word toenemend bewus van die behoefte om na hul gesondheid om te sien, veral in die lig van die skrikwekkende
toename in kankerlyers. In die artikel Om jou gesondheid te beskerm, kyk ons na die belangrikheid van finansiële
beskerming wanneer jy dit die heel meeste nodig het.
|
|
 |
|
Ons het onlangs 'n paar veranderinge aangebring aan ons aanlyn-polishouersdiens, ten einde dit vir jou makliker
te maak om inligting oor jou polisse te bekom. Lees ons Aanlyn Polishouersdiens vir inligting oor hoe om
hierdie fasiliteit te gebruik om toegang tot inligting te verkry en sekere veranderinge aan jou polisse te maak.
|
|
 |
|
As deel van ons "Own your Life"-filosofie voorsien ons ons kliënte van 'n holistiese siening van finansiële
beplanning deur middel van 'n reeks artikels wat jou help om jouself finansieel te bemagtig. Om hierdie artikels,
wat gereeld bygewerk word, te besigtig, besoek
http://www.liberty.co.za/news-and-views/consumer-articles/Pages/consumer-articles.aspx
|
|
 |
|
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle
sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies.
Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e-pos
stuur aan [email protected]
Vriendelike groete
Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Retail SA
|
|
|
Wêreldwye ekonomiese oorsig
STANLIB se ekonome Kevin Lings en Laura Jones bevraagteken die VSA se herstelpad. Lees meer.
Weeklikse ekonomiese nuus
The Weekly Focus lewer kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings en word saamgestel deur Paul Hansen en Kevin Lings van STANLIB. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.liberty.co.za
|
|
Plaaslike ekonomiese oorsig
Liberty Life-ekonoom Tendani Mantshimuli bekyk die redes agter die besluit om rentekoerse onveranderd te laat, asook die sukses van vroue in Suid-Afrika. Lees meer.
Beleggingsportefeulje-inligting
Beleggingsportefeuljes wat Liberty aanbied: prestasie, risiko-profiele, batetoewysing. Lees meer.
Aanlyn Polishouersdienste
Laai belastingsertifikate af, besigtig poliswaardes en ander inligting, bring jou besonderhede op datum. Lees meer.
|
|
Vrouemaand
|
|
|
"Liberty Groep is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die Finansiële Advies- en Tussentydse
Dienstewet van 2002 ("FATD") (Lisensie no. 2409). Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis,
moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger
van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële
adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang."
|
|
|