As u enige vrae het oor u polis of hierdie e-pos boodskap, stuur hulle asseblief aan [email protected]

April 2009 

Ekonomiese oorsig van Q1 2009

Ekonomiese data vir die eerste kwartaal van hierdie jaar dui daarop dat die węreld se grootste ekonomieë in resessie is. Dit sal tyd kos vir die stimulus-pakkette om 'n uitwerking te hę en die huidige ekonomiese, besigheids- en beleggingsomgewing bly steeds uiters uitdagend.

Op die tuisfront het ekonomiese bedrywighede aansienlik afgeneem en sal produksie-afname waarskynlik vir die grootste deel van die jaar voortduur. Die huidige beleidstimulus behoort egter voorsiening te maak vir minstens 'n matige ekonomiese herstel gedurende 2010.

U kan 'n oorsig lees van hoe die węreld- en plaaslike ekonomieë vanjaar tot dusver vertoon het en wat die implikasies vir die toekoms is.

Diversifeikasie van u beleggingsportefeulje

Dit is nooit maklik om die toekoms te voorspel nie, maar die meeste beleggers en markkommunikators sal saamstem dat van die gebeure van die afgelope jaar byna onmoontlik was om te voorsien.

Dit beklemtoon die waarde daarvan om in 'n gebalanseerde of gediversifiseerde portefeulje te belę. 'n Keuse van 'n verskeidenheid bate-klasse help om u kapitaal te beskerm en u risikoblootstelling oor die langtermyn te minimaliseer.

Vir meer inligting oor hoe om u beleggingsportefeulje te diversifiseer, lees:
  1. Hoe om u beleggingsportefeulje te diversifiseer. 'n Onderhoud met Johan Kleu, hoof van beleggingsprodukte by Liberty Life.
  2. Wat bate-klasse is, hoe hulle werk en waarom dit 'n goeie idee is om hulle te meng. 'n maklike gids tot bate-klasse.
  3. Hoe bate-klasse vertoon het van 1998 tot 2008. Waarom dit belangrik is om u portefeulje te diversifiseer.
U terugvoering is belangrik - praat met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons sover op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om aan u relevante inligting te gee vir die beplanning en bestuur van u geldsake.

Gaan asseblief voort om met ons te praat en te sę wat u dink! U kan u kommentaar per e-pos stuur aan [email protected]

Vriendelike groete

Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Versekering



Węreldwye ekonomiese oorsig

STANLIB ekonoom Kevin Lings gee 'n oorsig van die węreldekonomie vir die eerste kwartaal van 2009.

Weeklikse ekonomiese nuus

The Weekly Focus is 'n kommentaar op markte, die ekonomie en beleggings wat deur Kevin Lings en Melissa Rankin van STANLIB saamgestel is. U kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die volgende skakel te volg : http://www.stanlib.com


Plaaslike ekonomiese oorsig

Liberty Life ekonoom Tendani Mantshimuli som op wat in die eerste kwartaal van 2009 in die SA ekonomie gebeur het en hoe dit Suid-Afrikaners en plaaslike maatskappye geraak het.


Diversifisering van u beleggings