As u enige vrae het oor u polis of hierdie e-pos boodskap, stuur hulle asseblief aan [email protected]

Junie 2009 

Jongste ekonomiese nuus

Aandelemarkte het in die afgelope twee maande 'n merkwaardige herstel getoon, omdat die krediet-/likiditeitskrisis oënskynlik bedaar het. Ons is egter nog ver van 'n werklike uitkoms, aangesien die fokus nou op ekonomiese herstel is. Hoewel positiewe aanwysers sigbaar word, bly dit steeds 'n veelfasettige situasie en bly die risiko's hoog.

Jy kan 'n oorsig lees van hoe die plaaslike en wêreld - ekonomieë vanjaar tot dusver vertoon het en wat die implikasies vir die toekoms is.

Maak voorsiening vir alle omstandighede

Soos met beleggings, is elkeen van ons se toekoms onvoorspelbaar. Ons weet nie wat die lewe vir ons inhou nie, maar ons kan wel in sekere mate die finansiële impak van onverwagte gebeure beperk deur geskikte risikodekking te hê.

In die artikel oor Beskerming van u inkomste-potensiaal, sal jy die belangrikheid van jou toekomstige inkomste agterkom.

Neelan Porthen, hoof van risikobeskerming by Liberty Life, verduidelik die finansiële implikasies van ongeskiktheid of siekte in die artikel Diversifiseer jou risikobeskerming.

Ons het ook 'n stel riglyne ingesluit oor hoe risikodekking in jou langtermyn finansiële beplanning inpas: Riglyne vir risikobeskermingsbehoeftes

Besigtig en bestuur jou polisse aanlyn

Jy kan jou polis vinnig en moeiteloos op ons veilige webtuiste http://www.libertylife.co.za bestuur. Registreer as 'n gebruiker van Aanlyndienste en jy kan:
  • Jou polis-inligting besigtig, insluitend begunstigdes, waardes en portefeuljes.
  • Jou kontakbesonderhede en debietorder-besonderhede verander.
  • Duplikaat-belastingsertifikate aflaai.
  • Veranderinge aan jou polisse besigtig.
Kontak asseblief jou finansiële adviseur indien jy enige vrae oor jou polis het, of jou versekerings- en beleggingsbehoeftes wil bespreek.

Vriendelike groete

Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Versekering



Wêreldwye ekonomiese oorsig

STANLIB ekonoom Kevin Lings kyk na die tentatiewe herstel van die mark, terwyl hy ook die moontlike risiko's op die pad vorentoe uitlig. Die artikel bied ook die jongste nuus oor die Ekonomiese Krisismonitor, 'n uiters insiggewende maatstaf wat deur Stanlib ontwikkel is om belangrike ekonomiese aanwysers op te spoor.

Weeklikse ekonomiese inligting

The Weekly Focus is 'n kommentaar op markte, die ekonomie en beleggings. Dit word deur Kevin Lings en Melissa Rankin van STANLIB saamgestel. U kan elke Dinsdag lees oor die jongste ontwikkelinge deur die skakel te volg op http://www.stanlib.com


Plaaslike ekonomiese oorsig

Liberty Life-verbruikersekonoom Tendani Mantshimuli, kyk na die negatiewe ekonomiese aanwysers in die plaaslike ekonomie, maar meen ook dat daar lig aan die einde van die tonnel is.


Die dek van al jou basisse