As u enige vrae het oor u polis of hierdie e-pos boodskap, stuur hulle asseblief aan [email protected]

Julie 2009 

Jongste ekonomiese nuus

Verbruikers ervaar steeds die pyn van die ekonomiese afswaai en ondanks aggressiewe rentekoersverlagings, duur die daling in kleinhandelverkope voort. Dieselfde terneergedruktheid is in Amerika te bespeur, hoewel die land se verbruikers weer tekens van lewe begin toon. Vir skuldbelaaide Suid-Afrikaanse huishoudings hou 'n groter besparingskoers en die drastiese afname in die verkryging van private krediet die belofte in dat 'n finansieel gesonder verbruiker aan die opkom is.

Jy kan 'n oorsig lees van hoe die internasionale en plaaslike ekonomieë vaar te midde van 'n -klimaat waarin herstel baie tentatief en stormagtig voorkom.

Gebruik spaargeld met oorleg

Huiseienaars ervaar waarskynlik dat die koers van 450 basispunte sover vanjaar gesorg het vir ekstra kontant in hul sakke. Maar met dié dat die Monetêre Beleidskomitee nie rentekoerse in Junie verder verlaag het nie, is dit belangrik dat ons die meeste moet haal uit ons huidige besparings om langtermyn finansiële sekuriteit te verseker.

In die artikel
Gebruik die besparing op jou verband-terugbetalings met oorleg sal jy 'n paar goeie idees vind oor hoe om jou spaargeld ten beste te benut en sodoende te begin bou aan 'n langtermyn finansiële plan. Neelan Porthen, hoof van risiko-produkte by Liberty, praat in sy artikel Die skep van 'n buigsame plan oor die belangrikheid daarvan om 'n langtermyn strategie vir jou risikobeskerming te ontwikkel, wat na gelang van jou behoeftes kan aanpas en verander.

Ons sluit ook 'n kort gids in oor hoe om jou addisionele kontantvloei ten beste te belê sodat jy in staat is om aan jou langtermyn finansiële plan te bly bou: Riglyne vir spaar

Jou terugvoering is belangrik - praat met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies.

Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e-pos stuur aan [email protected]

Vriendelike groete

Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Versekering



Wêreldwye ekonomiese oorsig

STANLIB ekonoom Kevin Lings bring die Ekonomiese Krisismonitor op datum en dui aan dat sommige aanwysers vir die eerste keer sedert Januarie afwaarts aangepas moes word. Dit is 'n duidelike aanduiding dat die pad na herstel nie sonder slaggate sal wees nie.

Weeklikse ekonomiese inligting

The Weekly Focus lewer kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings en word deur Kevin Lings en Melissa Dyer van STANLIB saamgestel. Jy kan elke Dinsdag lees oor die jongste ontwikkelings deur die skakel te volg op http://www.stanlib.com


Plaaslike ekonomiese oorsig

In die artikel Verbruikers draai briek aan, evalueer Liberty Life verbruikersekonoom Tendani Mantshimuli die welstand van die Suid-Afrikaanse verbruiker in die lig van dalende kleinhandelsyfers.


Gebruik spaargeld met oorleg

* As u enige vrae het oor u polis of hierdie e-pos boodskap, stuur hulle asseblief aan [email protected]

* Indien u sou verkies om in die toekoms eerder nie hierdie soort inligting
van Liberty Life te ontvang nie, kliek hier om dit aan te dui.