Augustus 2009
Jongste ekonomiese nuus
Hoewel daar tekens van herstel is, bly die Amerikaanse ekonomie steeds onbestendig. Werkloosheid het toegeneem en die fiskale/begrotingstekort sal na verwagting vanjaar tot 14% van die BBP wees. Hoewel Amerikaanse kleinhandelverkope in Junie 'n nominale verbetering getoon het, bly dit in die algemeen uiters laag. Die goeie nuus is dat die Amerikaanse huismark moontlik die draaipunt bereik het, maar die herstel sal egter na verwagting redelik swak wees.
Jy kan 'n oorsig lees van hoe die internasionale en plaaslike ekonomieë vaar en daarvolgens aflei of die eerste groen botsels 'n teken van ware herstel is. Ons het ook 'n ekonomiese woordelys ingesluit met algemene gebruiksterme wat in hierdie oorsigte voorkom.
Bemagtig jouself deur die regte vrae te vra
Ons wil hê dat jy, as ons kliënt, al die taai vrae sal vra, sodat jy uiteindelik 'n finansiële plan sal hê wat aan jou verwagtinge voldoen. In hierdie uitgawe fokus ons op bemagtiging. Die artikels Hoe om jouself met 'n soliede finansiële plan te bemagtig en 10 moeilike vrae vir jou finansiële adviseur sal jou help om die regte vrae te vra voordat jy belê.
Die enigste sekerheid in die lewe is verandering en dit is ook waar vir die wette oor aftrede en boedelbeplanning. Dit is belangrik dat jou finansiële plan op datum bly met hierdie veranderinge. In Sterfte en belastings kyk ons na die veranderinge in belasting op aftreefondse en hoe dit jou boedelbeplanning raak.
As jy risikobeskerming het, is dit belangrik om te weet dat jy uitbetaal sal word wanneer die lewe jou 'n onverwagse knou toedien. Liberty Life was die eerste lewensversekeringsmaatskappy om eise-statistieke bekend te maak wat wys dat ons daar is vir jou wanneer jy ons die meeste nodig het. Liberty Life betaal meer as R 2 miljard se eise uit verduidelik hoe jy deur ons gedek word.
Terugvoer op verlede maand se nuusbrief
Ons het oorweldigende reaksie ontvang op verlede maand se nuusbrief! Die debat het gegaan oor die wysheid al dan nie om spaargeld te gebruik om 'n verband af te betaal. Hoewel skuldvermindering 'n belangrike deel van 'n suksesvolle finansiële plan is, loop jy die risiko om met aftrede ondergekapitaliseer te wees as jou verband jou enigste metode van spaar is: jy sal 'n woning hê wat jy besit, maar wat geensins 'n inkomste genereer nie. As jou plan is om kontant beskikbaar te maak deur af te skaal, sal jy miskien verstom wees oor die koste van 'n kleiner woonplek in 'n veilige aftree-oord.
Praat asseblief gereeld met ons en sê wat jy dink. Jy kan jou kommentaar per e-pos stuur aan [email protected]
Vriendelike groete
Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Versekering
|
 |
Bemagtig jouself om jou finansiële toekoms te bou
|
| * |
As u enige vrae het oor u polis of hierdie e-pos boodskap, stuur hulle asseblief aan [email protected]
|
| * |
Indien u sou verkies om in die toekoms eerder nie hierdie soort inligting van Liberty Life te ontvang nie, kliek hier om dit aan te dui. |
| |