As jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, stuur hulle asseblief aan [email protected]

    Liberty Maandelikse Kommunikasie September 2009
Ons kan moontlik nog voor die jaareinde oortuigende tekens van 'n wêreldwye ekonomiese herstel sien, met 'n positiewe groeikoers by die meeste groot ekonomieë. Die herstel is egter steeds baie broos en na verwagting sal groeikoerse vir die volgende paar jaar nog redelik swak bly. Dit is belangrik dat ons die verloop van die herstel fyn dophou.

Jy kan 'n oorsig lees van hoe die internasionale en plaaslike ekonomieë vaar en ook die Stanlib Internasionale Ekonomiese Herstelmonitor volg wat duidelike aanwysings gee van die koers wat internasionale ekonomieë inslaan.


In hierdie uitgawe kyk ons hoe Suid-Afrikaners die ekonomiese resessie hanteer. Ekonomiese gegewens wys dat die skuldlas sy tol eis (sien ons plaaslike ekonomie-artikel Huishoudings ervaar die druk) en dat die resessie sowel finansieel as emosioneel 'n skadelike uitwerking op huishoudings het. In die artikel Kom ons praat oor geld bespreek ons navorsingsbevindings wat bevestig dat huishoudings in groot moeilikheid is, maar wat ook die positiewe aspekte uitlig van hoe mense 'n uitdaging aanpak en dit as 'n geleentheid vir verandering benut. 'n Sleutelbevinding is dat mense geneig is om meer met hul gesinne te praat oor hul finansiële posisie.

Die artikel Hoekom ons nie spaar nie is die eerste van 'n tweedelige tema oor 'n tydperk van twee maande, waarin ons van die ekonomiese en gedragsredes bekyk waarom Suid-Afrikaners van die swakste spaarders in die wêreld is. As ons verstaan waarom ons op 'n sekere manier optree, kan ons maniere identifiseer om die gedrag te bestuur.

Met die doel om jou ingelig te hou oor die wetlike en belastingveranderinge wat jou finansiële beplanning sal raak, verskaf ons gereelde artikels van relevante belang. In die artikel Die uitstel van boedelbelasting kyk ons na hangende wysigings aan die Wet op Boedelbelasting.


Dankie vir die terugvoer wat ons sover op hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou opmerkings en voorstelle sal ons help om aan jou relevante inligting te verskaf vir die beplanning en bestuur van jou geldsake.

Praat asseblief gereeld met ons en sê wat jy dink. Jy kan jou kommentaar per e-pos stuur aan [email protected]

Vriendelike groete

Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Versekering


Wêreldwye ekonomiese oorsig

STANLIB se ekonome Kevin Lings en Melissa Dyer doen verslag oor die eerste tekens van ekonomiese herstel en verskaf nuus oor STANLIB se Internasionale Ekonomiese Herstelmonitor. Lees meer.


Weeklikse ekonomiese nuus

The Weekly Focus verskaf kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings, wat deur Kevin Lings en Melissa Dyer van STANLIB saamgestel word. Jy kan elke Dinsdag lees oor die jongste ontwikkelings deur die skakel te volg op www.stanlib.com
Plaaslike ekonomiese oorsig

In die artikel Huishoudings ervaar die druk bespreek Liberty Life se verbruikersekonoom Tendani Mantshimuli onlangse ekonomiese gegewens en wat dit van die welstand van Suid-Afrikaanse huishoudings sê.
Kom ons praat oor geld

 

As jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, stuur hulle asseblief aan [email protected]