| Liberty Maandelikse Kommunikasie |
 |
October 2009 |
 |
 |
|
 |
|
Die IMF (Internasionale Monetêre Fonds) glo ons beweeg uiteindelik in 'n groeifase in, met
voorspellings van 'n 3% wêreldwye groeikoers aanstaande jaar, maar ons sal oortuigende tekens
van herstel by die Amerikaanse verbruiker moet sien om die ekonomiese herstel volhoubaar te maak.
Plaaslik dui ekonomiese gegewens ook op herstel, maar werkverliese is steeds 'n groot bron van
kommer vir die finansiële herstel van huishoudings. Dus, hoewel dit lyk of ekonomieë besig is om
weer op 'n herstelpad te kom, moet ons verbruikersverwante gegewens fyn bly dophou. Lees in ons
plaaslike en wêreldwye ekonomiese oorsigte hoe verbruikers sowel hier as in die VSA vaar.
|
|
 |
|
Voordat ons effektief beheer kan neem van ons finansies, moet ons ons gesindheid jeens geld
verstaan, asook hoedat ons miskien onbewustelik ons eie finansiële sekuriteit saboteer.
In die artikel Die sielkunde van spaar kyk ons na drie vername struikelblokke wat ons verhinder
om te spaar, asook na hoe ons negatiewe gedrag kan oorkom.
Een van die grootste uitdagings wanneer 'n mens met 'n spaarplan begin, is om te besluit waar
om te belê. Beleggings het uiters gekompliseerd geraak en dikwels maak die groot verskeidenheid
beskikbare produkte dit moeilik om 'n besluit te neem. In sy artikel Hoe om doelwitte en oplossings met mekaar te versoen
verduidelik Craig Peters hoedat 'n langtermyn finansiële plan begin met 'n begrip
van jou finansiële doelwitte, sodat jy die beleggingsoplossings kan identifiseer wat by jou spesifieke
behoeftes sal pas.
Finansiële instellings het ook 'n rol om te speel, deurdat hulle meer deursigtige en minder ingewikkelde
produkte kan verskaf wat beleggers in staat sal stel om te verstaan presies waarin hulle belê en wat die
produk ten doel het om te bereik. In die artikel Hoe om jou beleggings beter te verstaan verduidelik ons
die konsep agter ons nuwe Own Your Life veldtog en werp ons lig op ons beleggingsprodukte wat ten doel
het om beleggingsbeloftes gestand te doen eerder as om produkte meer ingewikkeld te maak as wat nodig is.
Terwyl 'n finansiële plan toegespits is op besparing vir die toekoms, moet jy ook verseker dat jy vir
jou gesin se toekoms voorsiening maak. In die artikel Laat jou testament jou wense weergee kyk ons na
die belangrikheid van 'n testament en hoe dit kan verseker dat jou afhanklikes finansiële beskerming geniet.
|
|
 |
|
Dit is nou die tyd van die jaar wanneer jy jou belastingopgawe moet indien. Jy kan jou
belastingsertifikaat van Liberty deur middel van ons Kliënte-portaal op die internet aflaai
op die Policy Holder Servicing webtuiste.
- Registreer as 'n nuwe gebruiker of meld aan deur jou intekennaam en wagwoord te gebruik
- Jy sal toegang hê tot jou lys van polisse by Liberty
- Klik op Duplicate Tax Certificate op die spyskaart aan die linkerkant van die skerm
-
Kies die sertifikaat wat jy nodig het:
- IRP5/IT3A - inkomste wat deur Liberty aan die kliënt betaal word
- Duplikaatbydrae-sertifikate - premies wat deur die kliënt aan Liberty betaal word
- Kies die belastingjaar waarvoor jy die duplikaatsertifikaat wil hê (die belastingjaareinde van 2009 of 2008) en jy sal die belastingsertifikaat vir die betrokke jaar kan besigtig en uitdruk
|
|
 |
|
Dankie vir die terugvoer wat ons sover op hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou opmerkings en voorstelle sal ons help om aan jou relevante inligting te verskaf vir die beplanning en bestuur van jou geldsake.
Praat asseblief gereeld met ons en sê wat jy dink. Jy kan jou kommentaar per e-pos stuur aan [email protected]
Vriendelike groete
Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Versekering
|
|
|
Wêreldwye ekonomiese oorsig
STANLIB ekonome Kevin Lings en Melissa Dyer meen terwyl ons nou wel 'n tydperk van matige ekonomiese groei binnegaan, dit net volhoubaar sal wees indien dit opgevolg word deur 'n sterk vraag-herstel ('demand') in verbruikersgeledere. Lees meer.
Weeklikse ekonomiese nuus
The Weekly Focus is 'n kommentaar op markte, die ekonomie en beleggings. Dit word saamgestel deur Paul Hansen, Kevin Lings en Melissa Dyer van STANLIB. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.stanlib.com
|
|
Plaaslike ekonomiese oorsig
Liberty Life se vebruikersekonoom Tendani Mantshimuli volg ook die tema van verbruikerswelsyn in die algehele ekonomiese herstel. Suid-Afrikaanse gegewens weerspieël nog nie heeltemal dieselfde positiewe vlakke as in die VSA nie, en huishoudings is steeds onder druk vanweë die uitwerking wat werkverliese op huishoudelike inkomstes het. Lees meer.
|
|
Die sielkunde van geld
|
|
|