Wil jy met ons praat?
As jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, sal ons graag van jou hoor. Skryf aan [email protected]

Is jy op soek na ons?
Besoek ons webtuiste gerus by www.libertylife.co.za

    Liberty Maandelikse Kommunikasie Desember 2009
2009 was 'n taai jaar. Huishoudings steier steeds onder hoë skuld en die amptelike werkloosheidsyfer het tot 24.5% gestyg deurdat 770 000 Suid-Afrikaners in die afgelope jaar hul werk verloor het. Tog het die jaar op 'n positiewe noot geëindig met statistiese bewyse dat die Suid-Afrikaanse ekonomie uiteindelik besig is om van die resessie te herstel. Bewys hiervan is onder meer die feit dat die ekonomie in die derde kwartaal van hierdie jaar met 0.9% gegroei het.

Dit lyk ook asof die wêreldwye ekonomie aan die herstel is. Ekonome van Stanlib hou Amerikaanse verbruikers fyn dop omdat 'n volgehoue wêreldwye ekonomiese herstel eers moontlik is wanneer Amerikaanse verbruikers amptelik weer op koers is.

Lees meer oor die ekonomiese herstel, sowel plaaslik as in die buiteland, in ons wêreldwye en plaaslike ekonomiese oorsigte.


"Birds sing after a storm; why shouldn't people feel as free to delight in whatever remains to them?"
Rose F. Kennedy


Dit is dikwels in moeilike tye dat ons besef wat werklik vir ons belangrik is, soos om tyd saam met familie en vriende deur te bring. Vier die afsluiting van 'n moeilike jaar deur tyd opsy te sit om saam met jou familie te wees en jou seëninge te tel.

Dit is nou meer as ooit tevore die ideale tyd om vrygewig te wees: al het ons geen geld in die bank nie, kan ons steeds van onsself aan ander gee. In die artikel Hoe om die feesseisoen te geniet sonder 'n finansiële babalaas kyk ons na maniere om ons besteding, spaarpogings en skenkings te balanseer sodat ons kan fees vier sonder om 'n bank te moet beroof. Ons het ook in die artikel Wen-wen geskenke 'n lysie saamgestel van geskenk-idees wat die gees van die feesseisoen uitdra.

Vir di� van ons wat met vakansie gaan, bied die artikel 'n Vakansie sonder spanning 'n oorsiglysie om te verseker dat daar aan alles gedink word, om sodoende 'n kommervrye rustyd te verseker.


Dankie vir die terugvoer wat ons sover op hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou opmerkings en voorstelle sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien om jou finansies te beplan en te bestuur.

Praat asseblief gereeld met ons en sê wat jy dink. Jy kan jou kommentaar per e-pos stuur aan [email protected]


Ter afsluiting wil ek jou graag bedank dat jy 'n gewaardeerde Liberty-kliënt is. Ek wens jou die wonderlikste feestyd toe en hoop dat jy 2010 uitgerus en verfris sal aanpak - gereed om deel te word van wat beloof om vir alle Suid-Afrikaners 'n geskiedkundige jaar te wees.

Vriendelike groete

Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Versekering


Wêreldwye ekonomiese oorsig

STANLIB se ekonome Kevin Lings en Melissa Dyer kyk na die tien stappe wat noodsaaklik is vir 'n volhoubare ekonomiese herstel. Lees meer.


Weeklikse ekonomiese nuus

The Weekly Focus gee kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings. Dit word deur Paul Hansen, Kevin Lings en Melissa Dyer van STANLIB saamgestel. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.stanlib.com
Plaaslike ekonomiese oorsig

Tendani Mantshimuli, ekonoom van Liberty Life, kyk na Suid-Afrika se herstel van die resessie, en na wat dit vir verbruikers beteken. Lees meer.
Vier saam in die feesseisoen

 

As jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, sal ons graag van jou hoor. Skryf aan [email protected]