Wil jy met ons praat?
As jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, stuur hulle asseblief aan [email protected]

Is jy op soek na ons?
Besoek ons webtuiste gerus by www.libertylife.co.za

    Liberty Maandelikse Kommunikasie Februarie 2010
Hoewel daar onsekerheid is oor wêreldwye ekonomiese herstel, glo ekonome tog dat 2010 'n beter jaar as 2009 sal wees wat oorwegend aangedryf sal word deur die herstel van groot ontwikkelende ekonomieë soos China en Brasilië.

Op die tuisfront lyk dit of die resessie uiteindelik iets van die verlede is en behoort ons die voordele van die ekonomiese herstel te begin ervaar. Die verwagte styging in die prys van elektrisiteit sal egter 'n demper wees wat 'n beduidende verbetering in huishoudelike finansies sal belemmer.

Lees meer hieroor in ons wêreldwye en plaaslike ekonomiese oorsigte.


Februarie is 'n goeie tyd om jou aftreefonds te hersien, omdat jy nog belastingvoordeel kan trek uit die aanvulling van jou aftreefonds voor die belasting-jaareinde op 28 Februarie. In die artikel "Drie noodsaaklike reëls vir 'n gerieflike aftrede" spel Rowan Burger en Johan Kleu sleutelstrategieë uit wat sal verseker dat jy met aftrede finansieel onafhanklik is.

Belastingbesparings met aftrede
Lees in die artikel "Hoe Jan Taks jou aftree-spaargeld kan verdubbel" hoedat belastingbesparings jou aftree-inkomste met 60% kan vergroot. (Ons publiseer weer die artikel uit ons Augustus-uitgawe om jou te herinner aan die voordele van spaar met inkomste voor belasting.)

Waar om vir aftrede te spaar
Ons bekyk in "Jou aftree-geldkoffer" die voordele daarvan om aftreemeganismes te gebruik om jou aftree-spaargeld te beskerm, terwyl die artikel "Gekoppelde beleggings of Lewensversekerings-AA's" die verskille tussen hierdie twee spaarmeganismes verduidelik, asook hoe om die mees geskikte een vir jou behoeftes te kies.

Ons moedig jou aan om met jou finansiële adviseur te praat om te verseker dat jy op koers is vir 'n gerieflike aftrede.


Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies.

Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e-pos stuur aan [email protected]

As jy nie 'n finansiële adviseur het nie, maar wel vrae het oor jou polis, skakel ons asseblief by 0860 456 789 of skryf e-pos aan [email protected]

Vriendelike groete

Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Versekering


Wêreldwye ekonomiese oorsig

STANLIB se ekonome Kevin Lings en Melissa Dyer kyk terug oor die afgelope jaar en ook na wat 2010 vir die wêreldwye ekonomie inhou. Lees meer.


Weeklikse ekonomiese nuus

The Weekly Focus lewer kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings en word saamgestel deur Paul Hansen, Kevin Lings en Melissa Dyer van STANLIB. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.stanlib.com
Plaaslike ekonomiese oorsig

Liberty Life se ekonoom Tendani Mantshimuli skryf oor hoekom Suid-Afrikaanse verbruikers kan uitsien na 'n meer voorspoedige 2010. Lees meer.
Fokus op aftrede



     Selfhelpdiens aanlyn


Dit mag vir u in die toekoms moontlik wees om ons aanlyn-selfhelpdiensportaal te gebruik, onder meer vir die volgende:
  • Om die jongste inligting oor u polisse te besigtig, soos waardes, premies en persoonlike besonderhede
  • Om u debietorder-besonderhede te verander
  • Om premie-invordering, adres of kontakbesonderhede te verander
  • Om duplikaat-belastingsertifikate af te laai
Registreer by http://www.libertylife.co.za

Hoe om te registreer
  1. Gaan na http://www.libertylife.co.za
  2. Klik op die Self Service opsie (geel) om die Diensblad vir Polishouers oop te maak.
  3. Klik op Register as a New User (op die linkerkantse keuse-lys).
  4. Volg die registrasie-stappe. U sal 'n aanteken-naam en 'n wagwoord moet kies.
  5. U sal dadelik in kennis gestel word indien u registrasie suksesvol was.
As u probleme ondervind met registrasie, kan u ons skakel by 0860 456 789 of +2711 408-4871.


"Liberty Groep is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die FATD-wet (Lisensie no. 2409). Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die Finansiële Advies- en Tussentydse Dienstewet van 2002 ("FATD") nie, aangesien die skrywer n�g 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, n�g 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang."


As jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, stuur hulle asseblief aan [email protected]