| Liberty Maandelikse Kommunikasie |
 |
Maart 2010 |
 |
 |
|
 |
|
Wêreldwyd was daar ekonomiese herstel, veral in die ontwikkelende lande. Die koste van die herstel, naamlik in die
vorm van massiewe stimulus-pakkette, kan egter nie geïgnoreer word nie en manifesteer veral in die feit dat talle
ontwikkelde lande rekord-skuldvlakke handhaaf wat verband hou met hul ekonomiese opbrengs. Dit wek kommer oor die
volhoubaarheid van die herstel.
Plaaslik is Suid-Afrika in 'n beter posisie met relatief laer skuldvlakke. Die regering handhaaf egter nou 'n groot
begrotingstekort wat gefinansier sal moet word. Februarie was vir verbruikers 'n belangrike maand, met die minister
van Finansies, Pravin Gordhan, se eerste begroting en die aankondiging van Eskom se prysverhogings. Verdieners in die
middel- tot hoër inkomstegroepe sal die knyp van belastings en elektrisiteitskoste beslis voel.
Lees meer hieroor in ons
wêreldwye en
plaaslike ekonomiese oorsigte.
|
|
 |
|
Terwyl ekonomies aanwysers daarop dui dat vanjaar 'n verbetering op 2009 sal wees, is die tye steeds baie
onseker. Dit is nou 'n goeie tyd om jou finansiële risiko's in oënskou te neem en om mikpunte te stel om
jou huishoudelike finansies te verbeter. Om skuld te verminder en 'n spaarbuffer te skep, is die beste
maniere om op onsekerheid voorbereid te wees.
Betaal skuld af
In die lig van die verwagting dat die volgende rentekoersaanpassing opwaarts sal wees, is dit nie nou die
regte tyd om nuwe skuld aan te gaan nie. Konsentreer eerder daarop om jou skuldvlakke meer hanteerbaar te
maak. Indien jy oorweeg om verdere skuld aan te gaan, soos vir die koop van 'n motor of 'n huis, moet jy
die bekostigbaarheidskoers bereken wat maandeliks 'n bykomende 10% op jou terugbetalings insluit. Dit sal
jou teen toekomstige rentekoersverhogings beskerm, omdat jou lewenstyl dan reeds aan die hoër terugbetaling
gewoond sal wees. Jy sal ook jou skuld gouer afbetaal, wat vir jou op die lang duur 'n aansienlike bedrag
aan rente sal bespaar.
Hoe om met 'n spaarplan te begin
In hierdie moeilike tye is dit moeilik om ekstra geld te vind om opsy te sit. In sy artikel
Spaar môre meer doen Rowan Burger 'n eenvoudige en pynlose metode aan die hand om 'n langtermynspaarplan te vestig.
Dek jou risiko's
Terwyl wêreldwye risiko's moontlik aan die toeneem is, moet jy ook jou eie persoonlike finansiële risiko's
in oënskou neem om te verseker dat jy beskerming het teen gebeurlikhede wat jou in finansiële nood kan dompel,
soos ongeskiktheid of gevreesde siekte. In die artikel
Sterfte is nie jou enigste risiko nie, skryf Neelan Porthen oor die toename in gevreesde siektes
namate ons lewenstyle ongesonder en meer spannend raak. Hoewel mense geneig is om op lewensdekking te konsentreer,
is die kanse 4 keer groter dat ons voor die ouderdom van 65 'n gevreesde siekte sal opdoen as wat dit is dat ons sal sterf.
Ons moedig jou aan om met jou finansiële adviseur te praat om aan 'n finansiële plan te werk wat jou sal
toerus om jouself teen onsekerheid te beskerm.
|
|
 |
|
Die algemene konsensus oor Minister Gordhan se eerste Begrotingstoespraak was dat hy daarin geslaag het om 'n
balans te vind sonder om te veel jukskeie te breek. Daar was in die begroting 'n paar interessante voorleggings
wat 'n uitwerking op finansiële beplanning sal hê. Eiendomsbelasting gaan byvoorbeeld hersien word en daar is
sprake dat dat die belastingvoordele vir groeplewensversekering opgehef gaan word. Mense wat afgedank word, kan
nou tot R300 000 belastingvry van hul pensioenfonds aftrek. Hoewel dit in die laaste begroting aangekondig is,
sal die verlenging van eiendomsbelasting-verligting vir eggenote vanjaar in werking tree. Dit is belangrik dat
jy met jou finansiële adviseur sal praat om te verseker dat jou finansiële plan by hierdie veranderinge aangepas
kan word. In die ekonomiese oorsig van Tendani Mantshimuli, verbruikersekonoom, word die Begroting in fyner
besonderhede behandel.
|
|
 |
|
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies.
Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e-pos stuur aan [email protected]
Vriendelike groete
Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Versekering
|
|
|
Wêreldwye ekonomiese oorsig
STANLIB se ekonome Kevin Lings en Melissa Dyer bekyk die risiko's wat wêreldwye herstel in die gesig staar. Lees meer.
Weeklikse ekonomiese nuus
The Weekly Focus lewer kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings en word saamgestel deur Paul Hansen, Kevin Lings en Melissa Dyer van STANLIB. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.stanlib.com
|
|
Plaaslike ekonomiese oorsig
Liberty se verbruikersekonoom Tendani Mantshimuli behandel gebeurlikhede waardeur verbruikers verlede maand geraak is, asook die hoogte- en laagtepunte van die 2010/2011 Begroting. Lees meer.
|
|
Wees voorbereid op onsekerheid
|
|
|
"Liberty Groep is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die FATD-wet (Lisensie no. 2409).
Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van
die Finansiële Advies- en Tussentydse Dienstewet van 2002 ("FATD") nie, aangesien die skrywer n�g 'n aangestelde
verteenwoordiger van Liberty, n�g 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg
asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang."
|
|
|