| Liberty Maandelikse Kommunikasie |
 |
April 2010 |
 |
 |
|
 |
|
Volgens die STANLIB Ekonomiese Krisismonitor is ekonomiese herstel op koers, ongeag onlangse besorgdheid oor die
Europese Unie wat gevra is om Griekeland uit die moeilikheid te help. Die risikofaktor lê in wanneer en hoe regerings
rentekoerse sal begin verhoog en regeringsbesteding begin inkort. Hoë werkloosheidsvlakke bly sowel op die tuisfront
as oorsee 'n bron van kommer.
Lees meer hieroor in ons
wêreldwye ekonomiese oorsig.
|
|
 |
|
Vier maande in die nuwe jaar in, is dit 'n goeie tyd om terug te staan en 'n skatting te maak van hoe
Suid-Afrika vaar en wat dit vir die individu beteken. In die artikel Voorraadopname, ontleed Liberty se
ekonoom Tendani Mantshimuli die gebeure van die afgelope vier maande en watter betekenis dit vir die res
van die jaar inhou. Is ons al buite gevaar, of moet ons maar nog veilig speel?
Met di� dat bykans 900 000 mense verlede jaar hul werk verloor het, bly werkloosheid steeds 'n ernstige
bron van kommer. In die lig hiervan het die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, belangrike wysigings
aangekondig tot die manier waarop aftreefondse in geval van aflegging belas word. Michelle Human bekyk
in die artikel Maak jou aftree-spaargeld resessie-bestand hierdie veranderinge en hoe dit jou voorsiening
vir aftrede kan raak.
Nog steeds op die tema van belasting, is die Suid Afrikaanse Inkomste Diens (SAID) besig met 'n veldtog
om inligting in te samel ten einde individuele belastingopgawes te verifieer. Dit beteken dat ons ons
rekords moet opdateer, en dat ons jou moontlik sal skakel indien ons enige inligting kort wat deur die
SAID vir jou belastingsertifikate benodig word. Meer inligting hieroor is beskikbaar in die skrywe met
die titel Opdatering van jou belastingbesonderhede.
As deel van ons mikpunt om voortdurend produkte en dienste te lewer wat in ons kliënte se behoeftes
voorsien, het Liberty onlangs beduidende veranderings aangebring aan die manier waarop ons diabete verseker.
As jy aan diabetes ly, of iemand ken wat die siekte het, moedig ons jou aan om die
artikel Neem beheer van diabetes te lees.
|
|
 |
|
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies.
Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e-pos stuur aan [email protected]
Vriendelike groete
Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Versekering
|
|
|
Wêreldwye ekonomiese oorsig
STANLIB se ekonome Kevin Lings en Melissa Dyer bring die STANLIB Ekonomiese Krisismonitor op datum. Lees meer.
Weeklikse ekonomiese nuus
The Weekly Focus lewer kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings en word saamgestel deur Paul Hansen, Kevin Lings en Melissa Dyer van STANLIB. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.stanlib.com
|
|
|
|
Voorraadopname
|
|
|
"Liberty Groep is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die FATD-wet (Lisensie no. 2409).
Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van
die Finansiële Advies- en Tussentydse Dienstewet van 2002 ("FATD") nie, aangesien die skrywer n�g 'n aangestelde
verteenwoordiger van Liberty, n�g 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg
asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang."
|
|
|