| Liberty Maandelikse Kommunikasie |
 |
Mei 2010 |
 |
 |
|
 |
|
Die nuus is in die afgelope paar weke oorheers deur die uitbarsting van Eyjafjallajokull, een van Ysland
se talle vulkane, deurdat vulkaniese as die streek se lugverkeer tot 'n algehele stilstand gedwing het. Vir
Europa, wat in die vroeë stadiums van 'n steeds wankelrige ekonomiese herstel is, kon die tydsberekening nie
slegter gewees het nie.
Plaaslik lyk dit asof ons ekonomie op koers is met 'n volgehoue herstelproses. Groeisyfers vir die eerste
kwartaal van hierdie jaar sal na verwagting sterker wees en die Wêreldbeker behoort ook ekonomiese voordele
in te hou. Verbruikers is egter steeds in die proses om eerder skuld terug te betaal as om meer te bestee.
Lees meer hieroor in ons
plaaslike en
wêreldwye ekonomiese oorsigte.
|
|
 |
|
Ons hoop alle moeders het op 9 Mei 'n wonderlike en ontspannende Moedersdag gehad.
Moedersdag is 'n geleentheid om ons moeders te bedank vir hul selflose toewyding aan die dikwels ondankbare
taak van kinders grootmaak. Dit hoort egter ook 'n tyd te wees vir moeders om te verseker dat hulle na hul
eie behoeftes omsien. In die artikel Die prys van moederskap bekyk ons die uitwerking wat 'n vrou se tyd weg
van die werk op haar aftreeplanne het, asook die belangrikheid van finansiële beskerming.
Die welstand van ons kinders lê alle ouers na aan die hart. Lees die artikel Beskerm jou kinders deur middel van jou testament
vir praktiese raad oor hoe om jou kinders se belange te beskerm indien jy nie meer hier is om hulle self te
beskerm nie. In die artikel Om vir jou kind se opvoeding te spaar, bekyk ons die koste van opvoeding en die
tipe spaarmeganismes wat kan help voorsiening maak vir immer stygende skoolgeld.
|
|
 |
|
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies.
Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e-pos stuur aan [email protected]
Vriendelike groete
Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Versekering
|
|
|
Wêreldwye ekonomiese oorsig
STANLIB se ekonome Kevin Lings en Melissa Dyer bespreek die ekonomiese uitwerking van vulkaniese as en Griekeland se skuldprobleme wat skokgolwe deur die markte stuur. Lees meer.
Weeklikse ekonomiese nuus
The Weekly Focus lewer kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings en word saamgestel deur Paul Hansen, Kevin Lings en Melissa Dyer van STANLIB. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.stanlib.com
|
|
Plaaslike ekonomiese oorsig
Liberty Life se ekonoom Tendani Mantshimuli bekyk die plaaslike ekonomiese herstel en die kanse vir toekomstige rentekoersverlagings. Lees meer.
|
|
Moedersdag
|
|
|
"Liberty Groep is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die FATD-wet (Lisensie no. 2409).
Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van
die Finansiële Advies- en Tussentydse Dienstewet van 2002 ("FATD") nie, aangesien die skrywer n�g 'n aangestelde
verteenwoordiger van Liberty, n�g 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg
asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang."
|
|
|