| Liberty Maandelikse Kommunikasie |
 |
Junie 2010 |
 |
 |
|
Kan jy glo dat die Wêreldbeker uiteindelik hier is? Dit voel soos gister dat die aankondiging gemaak is dat Suid-Afrika
die gasheerland sal wees en ondanks al die uitdagings, is ons nou slaggereed! Span saam met ons en gee jou volle
ondersteuning aan ons span. Kom ons heet ons besoekers welkom op 'n manier wat hulle sal aanmoedig om te bly terugkeer hierheen.
|
|
 |
|
 |
|
Namate die meeste ontwikkelde ekonomieë met stygende vlakke van regeringskuld stoei, raak ons al hoe meer
bewus van die gevare daarvan om bo ons vermoë te leef. Selfs al lyk dit asof ekonomiese herstel aan die orde
van die dag is, kan baie lande tog nie daaruit voordeel trek nie, vanweë die swak stand van hul regeringsfinansies.
Ons plaaslike ekonomiese groeisyfers was 'n aangename en welkome verrassing. Terwyl Suid-Afrika in die verlede
geneig was om agterna te sleep tydens 'n wêreldwye ekonomiese herstel, lyk dit dié keer asof ons in die voorste
linie is. Die voortgesette hoë vlakke van werkloosheid bly egter steeds 'n bron van groot kommer.
Lees meer hieroor in ons
plaaslike en
wêreldwye ekonomiese oorsigte.
|
|
 |
|
Ses maande in die nuwe jaar in bly ons steeds onseker oor die rigting wat die ekonomie en die markte
inslaan. Hierdie onsekerheid hoef egter nie jou portefeulje te raak as jy volgens jou behoeftes belê het
nie. Indien jy onseker voel oor jou beleggings, lees gerus die artikel Hersien jou portefeulje,
wat handel oor hoe om te verseker dat jou portefeulje in lyn is met jou behoeftes. Ons het ook 'n
artikel ingesluit met die titel Monitor jou portefeulje se prestasie aanlyn, waarin ons wenke gee oor
waar om meer inligting oor jou beleggingsportefeuljes te kry.
As deel van enige oorsige of hersiening, is dit nodig om lewensveranderinge soos 'n huwelik of die
geboorte van 'n kind in ag te neem. In die artikel Hersien jou omstandighede bekyk ons die fasette
van jou lewe wat moontlik kon verander het, asook die stappe wat nodig is om jou finansiële plan aan te pas.
Hoe ons ook al probeer om ons tegniese taalgebruik te vereenvoudig, is daar tog tegniese terme waarvan
ons nie kan wegskram nie. Om jou te help om van die woorde te verstaan wat moontlik in jou polisdokumente
of briewe mag voorkom, het ons 'n artikel ingesluit wat kan help om 'jargon' te ontsluit, met die
titel Liberty Lingo: van wie praat ons?
|
|
 |
|
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle
sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies.
Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e-pos
stuur aan [email protected]
Vriendelike groete
Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Retail SA
|
|
|
Wêreldwye ekonomiese oorsig
STANLIB se ekonome Kevin Lings en Laura Jones bekyk die stygende skuldvlakke van ontwikkelde ekonomieë. Lees meer.
Weeklikse ekonomiese nuus
The Weekly Focus lewer kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings en word saamgestel deur Paul Hansen, Kevin Lings en Melissa Dyer van STANLIB. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.stanlib.com
|
|
Plaaslike ekonomiese oorsig
Liberty Life se ekonoom Tendani Mantshimuli ontleed ons sterk groeisyfers en die vooruitsig vir die res van die jaar. Lees meer.
|
|
Tyd vir herbesinning
|
|
|
"Liberty Groep is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die Finansiële Advies- en Tussentydse
Dienstewet van 2002 ("FATD") (Lisensie no. 2409). Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis,
moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger
van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële
adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang."
|
|
|