| Liberty Maandelikse Kommunikasie |
 |
Oktober 2010 |
 |
 |
|
 |
|
Wêreldwye ekonomiese groei het momentum verloor en dit sal gesien moet word of dit moontlik 'n teken van onderliggende
swakheid is. Wat egter nie momentum verloor nie, is beleggings in die opkomende markte, wat een van die redes is waarom
ons 'n sterk rand bly ervaar.
Die SA Reserwebank se jongste Kwartaallikse Bulletin skets 'n gemengde prentjie vir verbruikers: inkomstes het gestyg,
maar besteding is steeds gedemp.
Lees meer in ons
plaaslike en
wêreldwye ekonomiese oorsigte.
|
|
 |
|
Ons leef vandag in 'n wêreld waar ons risiko- en beleggingsprodukte op die internet kan koop. Twitter, Facebook
en ander sosiale media stel ons in staat om ander mense se oorsigte van maatskappye en produkte te sien.
'n Mens sou dus kon vra of daar nog plek is vir advies. Ons glo daar is en dat dit in hierdie dolle wêreld van
ons selfs nog belangriker geword het om verhoudings te hê met mense wat jy kan vertrou.
In die artikel Die waarde van advies bekyk ons die waarde van jou verhouding met jou finansiële
adviseur, wat 'n reisgenoot op jou beleggingstog is. Jou adviseur sal ook dáár wees indien 'n tragedie sou toeslaan
en jy nodig het om op iemand te vertrou en nie net op 'n webtuiste staat te maak nie.
In die artikel Om Liberty se adviseurs finansieel fiks te hou, onthul Juan Lewis, hoof van
Welvaartleer die in-diepte opleiding wat jou finansiële adviseur ondergaan ten einde ons belofte gestand te doen om
jou te help om eienaarskap van jou lewe te neem in terme van Liberty se "Own your Life"-veldtog.
Maak seker dat jy die artikiel 10 vrae vir jou finansiële adviseur lees, want jou
finansiële sukses berus ook op die neem van verantwoordelikehdi vir jou verhoudings en finansies.
|
|
 |
|
Vandeesmaand is ons tema by Liberty die konnektiwiteitsekonomie en die belangrikheid van verhoudings. Om meer artikels
te lees wat jou sal help om jouself finansieel te bemagtig, besoek
http://www.liberty.co.za/news-and-views/consumer-articles/Pages/consumer-articles.aspx
|
|
 |
|
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle
sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies.
Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e-pos
stuur aan [email protected]
Vriendelike groete
Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Retail SA
|
|
|
Wêreldwye ekonomiese oorsig
STANLIB se ekonome Kevin Lings en Laura Jones gee die jongste feite oor wêreldwye groei en bekyk die vraag na opkomende mark-beleggings van naderby. Lees meer.
Weeklikse ekonomiese nuus
The Weekly Focus lewer kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings en word saamgestel deur Paul Hansen en Kevin Lings van STANLIB. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.liberty.co.za
|
|
Plaaslike ekonomiese oorsig
Liberty-ekonoom Tendani Mantshimuli bekyk die jongste SA Reserwebank Kwartaalbulletin. Lees meer.
Beleggingsportefeulje-inligting
Beleggingsportefeuljes wat Liberty aanbied: prestasie, risiko-profiele, batetoewysing. Lees meer.
Aanlyn Polishouersdienste
Laai belastingsertifikate af, besigtig poliswaardes en ander inligting, bring jou besonderhede op datum. Lees meer.
|
|
Die waarde van advies
|
|
|
"Liberty Groep is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die Finansiële Advies- en Tussentydse
Dienstewet van 2002 ("FATD") (Lisensie no. 2409). Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis,
moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger
van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële
adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang."
|
|
|