Wil jy met ons praat?
Indien jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, stuur hulle asseblief aan [email protected]

Is jy op soek na ons?
Besoek ons webtuiste gerus by www.liberty.co.za

    Liberty Maandelikse Kommunikasie November 2010
Die wêreld steier onder skuld maar dit is juis ook hierdie skuldlas wat ekonomiese groei aanvuur. Lande met hoë vlakke van huishoudelike en regeringskuld sal op ander sektore van die ekonomie moet fokus om groei te bewerkstellig.

Plaaslik woed die debat oor die sterk rand steeds voort soos beleidmakers stoei met die kwessie van hoe om die rand te beheer en wat die wisselkoers behoort te wees. Hoewel die myn- en vervaardigingsektore sukkel, vind huishoudings baat by die laer inflasiekoers wat die gevolg van 'n sterk geldeenheid is.

Lees meer in ons plaaslike en wêreldwye ekonomiese oorsigte.


Die feesseisoen is net om die draai en kleinhandelaars se planne is in plek om jou te oorreed om kontant te bestee. Dit is nou die tyd om jou eie plan op te stel vir hoe om die feestyd te oorleef sonder om jou langtermyn finansiële strategie omver te gooi. In die artikel Jou jaareinde-plan bied ons jou 'n paar strategiese opsies om die aanslag van kleinhandelaars te fnuik.

Finansieel is Januarie 'n baie taai maand en dit eis gewoonlik ook 'n emosionele tol deurdat ons dan ná die vakansie moet terugkeer werk toe. In die artikel Plan vir Januarie kyk ons na hoe jy kan voorberei en begroot sodat hierdie komende Januarie nie weer in 'n finansiële nagmerrie ontaard nie.

November is weer die maand waarin jy van mediese fonds bydrae-verhogings verwittig sal word. Jy kan verhogings van twee of drie keer die inflasiekoers te wagte wees. Mediese koste sal voortdurend jou salarisverhogings oorskry en daarom gee ons jou in die artikel Besnoei mediese koste 'n paar wenke oor hoe om mediese koste laag te hou.


Vandeesmaand is ons tema by Liberty Om die feesseisoen te oorleef. Om meer artikels te lees wat jou sal help om jouself finansieel te bemagtig, gaan na http://www.liberty.co.za/news-and-views/consumer-articles/Pages/consumer-articles.aspx


Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies.

Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e-pos stuur aan [email protected]

Vriendelike groete

Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Retail SA


Wêreldwye ekonomiese oorsig

STANLIB se ekonome Kevin Lings en Laura Jones bespreek die implikasies van 'n wêreld wat te veel skuld opgebou het en wat dit vir toekomstige ekonomiese groei beteken. Lees meer.


Weeklikse ekonomiese nuus

The Weekly Focus lewer kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings en word saamgestel deur Paul Hansen en Kevin Lings van STANLIB. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.stanlib.com.
Plaaslike ekonomiese oorsig

Liberty Life se verbruikersekonoom Tendani Mantshimuli bekyk die sterk rand-debat van naderby en bespiegel oor die uitwerking wat dit op die ekonomie het. Lees meer.


Beleggingsportefeulje-inligting

Beleggingsportefeuljes wat Liberty aanbied: prestasie, risiko-profiele, batetoewysing.
Lees meer.


Aanlyn Polishouersdienste

Laai belastingsertifikate af, besigtig poliswaardes en ander inligting, bring jou besonderhede op datum.
Lees meer.
Vermy die einde-van-die-jaar skuldslaggat



"Liberty Groep is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die Finansiële Advies- en Tussentydse Dienstewet van 2002 ("FATD") (Lisensie no. 2409). Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang."


Indien jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, stuur hulle asseblief aan [email protected]