Wil jy met ons praat?
Indien jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, stuur hulle asseblief aan [email protected]

Is jy op soek na ons?
Besoek ons webtuiste gerus by www.liberty.co.za

    Liberty Maandelikse Kommunikasie Desember 2010

Daar is 'n bekende verhaal oor die skrywer Joseph Heller wat die partytjie van 'n biljoenêr bywoon. Nog 'n beroemde skrywer, Kurt Vonnegut, vertel vir Heller dat die gasheer, 'n verskansingsfondsbestuurder, in 'n enkele dag meer geld gemaak het as wat Heller ooit uit die verkope van sy buitengewoon gewilde roman Catch-22 verdien het. Hierop het Heller geantwoord: "Ja, maar ek het iets wat hy nooit sal hê nie: 'genoeg'."

Heller praat van die vermoë om te weet wat jou werklik gelukkig maak. Ongeag van hoeveel ons bymekaarmaak, sal daar altyd iemand wees wat meer as ons het. Ons moet dankbaar wees vir dit wat ons reeds het - werk, 'n huis, vriende, familie en kos op die tafel.

Terwyl ons die feestyd binnegaan, is dit die moeite werd om te peins oor die begrip 'genoeg'. Dit is 'n tyd waarin ons dikwels genoop voel om te bestee en meer 'goed' bymekaar te maak. Dit laat ons sleg voel as ons nie aan ons geliefdes die geskenke kan gee wat hulle graag wil hê nie en boonop voel ons dikwels verplig om vir ander mense geskenke te koop sodat ons vrygewig kan voorkom. Miskien moet ons meer daarop konsentreer om 'n vrygewige gees te hê - om eerder van ons tyd as van ons kredietkaarte te gee.

In die boek How Much is enough? Praat Arun Abey & Andrew Ford oor die belangrikheid van sowel finansiële as persoonlike beplanning.

In een of ander stadium van jou finansiële beplanning sal jy jouself moet afvra hoeveel geld genoeg is, hoeveel tyd saam met jou gesin genoeg is, hoeveel tyd genoeg is om jou gunsteling tydverdrywe na te jaag en hoe jy dit alles kan uitbalanseer om 'n ware sin van vervulling te ervaar.

Dit is ewe belangrik as om te vra hoeveel jy behoort te spaar, omdat spaar die teenoorgestelde eweknie van besteding is. Maak al daardie 'goed' waarop jy jou geld bestee, jou werklik gelukkig? Ons is geneig om goed te koop om ons huise mee te vul wat ons eintlik net gelukkig maak vir die tydsduur wat dit ons kos om hulle te koop. Ons mag ontdek dat dit emosioneel veel meer bevredigend is om vir 'n droom te spaar.

Ek het onlangs op 'n artikel in Time afgekom wat werklik perspektief gebied het op die 'goed' wat ons versamel. In die artikel sê Peter Walsh, 'n organisatoriese konsultant, "Dit gaan nie noodwendig oor die nuwe potte en panne nie, maar eerder oor die gedagte aan die gesellige maaltye wat hulle sal oplewer. Mense kom agter dat terwyl hul huise vol goed is, hul lewens oorloop van die rommel van onvervulde beloftes."

Bestee saam met jou familie en vriende 'n tydjie aan die bespreking van wat presies dit is wat julle gelukkig maak, of julle meen julle het 'genoeg' en wat 'genoeg' vir julle beteken. Jou eie antwoorde, sowel as hulle s'n, sal jou moontlik verras.

Ons wens vir jou in hierdie feestyd is dat jy die tyd sal vind om jou beloftes gestand te doen en dat jy die nuwe jaar met 'genoeg' sal binnegaan.

Hoewel die IMF wêreldwyd hoër groeikoerse voorspel, sal die meeste hiervan by ontwikkelende ekonomieë plaasvind, omdat die ontwikkelde lande sukkel om van hoë skuldvlakke te herstel. Tog staan hierdie opkomende ekonomieë ook voor hul eie uitdagings vanweë hul welslae.

Plaaslik sal 2010 lank onthou word vanweë die Wêreldbeker, maar beslis nie vir 'n noemenswaardige ekonomiese herstel nie. Die plaaslike ekonomie sluit die jaar op 'n baie gedempte noot af. Die grootste bron van kommer is steeds die groot werkloosheidsyfer, asook voortgesette hoë skuldvlakke en gebrekkige spaarpogings. Die goeie nuus vir dié wat gelukkig genoeg is om werk te hê, is dat salarisverhogings na verwagting heelwat hoër as die inflasiekoers sal wees.

Kom meer hieroor te wete in ons plaaslike en wêreldwye ekonomiese oorsigte.


Vandeesmaand is ons tema by Liberty Om die skuldlokval te vermy. Om meer artikels te lees wat sal help om jou finansieel te bemagtig, gaan na http://www.liberty.co.za/news-and-views/consumer-articles/Pages/consumer-articles.aspx


Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies.

Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e-pos stuur aan [email protected]

Vriendelike groete

Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Retail SA


Weens die feesseisoen bevat hierdie maand se nuusbrief slegs plaaslike en ekonomiese nuus. Ons sal jou in die Nuwejaar met 'n kort nota terugverwelkom en in Februarie sal ons jou weer 'n nuusbrief bied vol inligting om jou te help om die regte finansiële besluite te neem.

Wêreldwye ekonomiese oorsig

STANLIB se ekonome Kevin Lings en Laura Jones kyk na die ekonomieë van die wêreld na 2010 en na die betekenis vir die toekoms. Lees meer.


Weeklikse ekonomiese nuus

The Weekly Focus lewer kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings en word saamgestel deur Paul Hansen en Kevin Lings van STANLIB. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.liberty.co.za
Plaaslike ekonomiese oorsig

Liberty Life se verbruikersekonoom Tendani Mantshimuli bied 'n oorsig van hoe die Suid-Afrikaanse ekonomie in 2010 gevaar het. Lees meer.


Beleggingsportefeulje-inligting

Beleggingsportefeuljes wat Liberty aanbied: prestasie, risiko-profiele, batetoewysing.
Lees meer.


Aanlyn Polishouersdienste

Laai belastingsertifikate af, besigtig poliswaardes en ander inligting, bring jou besonderhede op datum.
Lees meer.



"Liberty Groep is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die Finansiële Advies- en Tussentydse Dienstewet van 2002 ("FATD") (Lisensie no. 2409). Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang."


Indien jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, stuur hulle asseblief aan [email protected]