Wil jy met ons praat?
Indien jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, stuur hulle asseblief aan [email protected]

Is jy op soek na ons?
Besoek ons webtuiste gerus by www.liberty.co.za

    Liberty Maandelikse Kommunikasie Januarie 2011

Ons wil graag al ons kliënte 'n baie voorspoedige Nuwejaar toewens! Ons hoop jy is uitgerus, vernuwe en gereed om die geleenthede en uitdagings van 2011 aan te pak.

Die begin van elke nuwe jaar is 'n geleentheid vir 'n vars begin. Wat verlede jaar gebeur en ingehou het, lê nou agter jou; jy kan nou nuwe doelwitte stel en nuwe drome najaag.

In ons eerste nuusbrief van 2010 het ons jou aangemoedig om 'n persoonlike balansstaat op te stel: om 'n lys te maak van jou bates en laste, en sodoende jou netto waarde te bereken. Dit is 'n goeie idee om dit elke jaar te doen, sodat jy jou huidige waarde kan vergelyk met dié van 'n jaar tevore. Vir dié van julle wat doelwitte gestel en by hulle gehou het, sal hierdie vergelyking waarskynlik 'n aanmoediging wees om by jou finansiële plan te hou om jou skuld te verminder en meer te spaar.

As jy nie verlede jaar 'n persoonlike balansstaat opgestel het nie, kan jy nou begin.
  1. Maak 'n lys van al jou bates en hul huidige waarde - jou huis, motor, pensioenfonds, spaargeld, polisse, ens.
  2. Maak 'n lys van al jou laste (uitstaande skuld) en die huidige waarde daarvan - huisverband, motorfinansiering, kredietkaart, oortrokke rekening, winkelkaarte, ens.
  3. Vergelyk die totale waarde van jou bates met die totale waarde van jou laste.

Terwyl jy doenig is met jou balansstaat, kan jy sommer saam met jou gesin gaan sit en hulle aanmoedig om elkeen die dinge neer te skryf wat hulle graag vanjaar sal wil bereik - van die klein goedjies waarby hulle nie verlede jaar uitgekom het nie, tot die groter drome soos 'n gesinsvakansie. Deur dinge neer te skryf, maak jy hulle meer werklik en kan jy fokus op wat jy wil bereik.

Ek het onlangs met 'n vrou gepraat wat vanjaar 40 word. Haar verjaarsdaggeskenk aan haarself is om elke maand 'n doelwit te bereik, van die hardloop van 'n marathon en 'n valduik-avontuur, tot 'n kursus in grimering, die ordening van haar aftreeplan en die opstel van 'n ordentlike huishoudelike begroting (laasgenoemde sal sy beslis nodig hê om die ander doelwitte mee te bereik!). Wat 'n besonderse leefwyse! Maar ons hoef nie te wag vir 'n belangrike verjaarsdag om lewensdoelwitte vir onsself te stel nie.

Wil jy nie elke maand vir jouself 'n finansiële doelwit stel nie? Gebruik die idees hieronder om jou te help:

Januarie: Stel 'n huishoudelike begroting op
Februarie: Werk aan 'n plan om teen einde vanjaar van korttermyn skuld ontslae te wees
Maart: Hersien jou lewens- en ongeskiktheidsversekering om te verseker dat jou gesin versorg is
April: Bekyk jou bankkoste en skakel oor na 'n goedkoper opsie as jy kan
Mei: Hersien jou korttermynversekering: is jou dekking voldoende? Is daar maniere om die premies te verlaag?
Junie: Leer jou kinders om met hul sakgeld te begroot: praat met hulle oor geld
Julie: Vergader met jou finansiële adviseur om te verseker dat jy op die regte finansiële paadjie is.
Augustus: Begin vir jou kinders se opvoeding spaar of help ander kinders opvoed deur middel van die Fundisa-fonds.
September: Begin geld of kontantbewyse opsysit vir die einde van die jaar se feestelikhede.
Oktober: Voltooi jou belastingopgawe
November: Doen iets vir liefdadigheid
Desember: Trek 'n begroting op vir die feesseisoen

Die lewe gaan nie net oor geld nie, dus moet jy seker maak dat jy ook doelwitte insluit wat jouself en jou verhoudings verryk, soos gereelde 'spesiale tyd' saam met jou kinders, afsprake met jou maat, oefening en genoeg buitelug-ontspanning.


Vandeesmaand is ons tema by Liberty Vermy die skuld-lokval. Om meer artikels te lees wat sal help om jou finansieel te bemagtig, gaan na http://www.liberty.co.za/news-and-views/consumer-articles/Pages/consumer-articles.aspx

Ons betree 2011 met dieselfde vraag as verlede jaar - is die ekonomiese herstel volhoubaar? Hoewel dit lyk of opkomende ekonomieë besig is om ten volle te herstel, staar ontwikkelde ekonomieë steeds geweldige uitdagings in die gesig wat algehele wêreldwye stabiliteit bedreig. Die vraag bly nog of die ongekende fiskale stimulus die regte antwoord op die finansiële en ekonomiese krisis was. Die VSA, Brittanje en Europa gaan in die komende maande nog moeilike besluite moet neem.

Plaaslik is Suid-Afrika terug op 'n paadjie van groei, hoewel die derde kwartaal se groeisyfers teleurstellend was. Ons sal na verwagting vanjaar sowat 3.7% groei, maar dit is steeds nie genoeg om betekenisvolle werkgeleenthede te skep nie. Die ekonomie is besig om te herleef, maar nog net nie genoeg nie.

Kom meer te wete in ons plaaslike en wêreldwye ekonomiese oorsigte.


Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies.

Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e-pos stuur aan [email protected]

As jy nie 'n finansiële adviseur het nie, of jy het vrae oor jou polis, skakel ons by 0860 456 789, of skryf 'n e-pos aan [email protected]

Vriendelike groete

Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Retail SA


Ons het besluit om u geleidelik die jaar in te begelei met 'n kort nuusbrief wat jou 'n opsommende ekonomiese oorsig bied. In Februarie sal jy weer 'n nuusbrief ontvang wat propvol inligting is om jou die regte finansiële besluite te help neem.

Wêreldwye ekonomiese oorsig

STANLIB se ekonome Kevin Lings en Laura Jones kyk na die uitdagings wat voorlê in 2011. Lees meer.


Weeklikse ekonomiese nuus

The Weekly Focus lewer kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings en word saamgestel deur Paul Hansen en Kevin Lings van STANLIB. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.liberty.co.za
Plaaslike ekonomiese oorsig

Liberty Life se verbruikersekonoom Tendani Mantshimuli bied 'n kykie na hoe verbruikers en die ekonomie in die komende jaar behoort te vaar. Lees meer.


Beleggingsportefeulje-inligting

Beleggingsportefeuljes wat Liberty aanbied: prestasie, risiko-profiele, batetoewysing.
Lees meer.


Aanlyn Polishouersdienste

Laai belastingsertifikate af, besigtig poliswaardes en ander inligting, bring jou besonderhede op datum.
Lees meer.



"Liberty Groep is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die Finansiële Advies- en Tussentydse Dienstewet van 2002 ("FATD") (Lisensie no. 2409). Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang."


Indien jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, stuur hulle asseblief aan [email protected]