| Liberty Maandelikse Kommunikasie |
 |
Februarie 2011 |
 |
 |
|
 |
|
Na die aanvanklike ekonomiese herstel wat op die resessie gevolg het, sal wêreldwye groei na
verwagting stadig maar seker vorder. Ontwikkelende ekonomieë sal beter vaar, maar daar bestaan
steeds kommer oor Europa, wat met hoë skuldvlakke stoei.
Plaaslik is Februarie die maand van die jaarlikse nasionale begroting. Daar is baie wat ons kan
leer uit die manier waarop die regering die deursigtigheid van die nasionale begroting verbeter
het en die land se skuldvlakke verlaag het. Die vraag is eerder of Minister Gordhan vanjaar ons
belastingkoerse gaan verhoog.
Lees meer in ons
plaaslike en
wêreldwye ekonomiese oorsigte.
|
|
 |
|
Dis moontlik dat baie van ons nuwejaarsvoornemens reeds gesneuwel het. Wat ons nou nodig het om ons te
help om ons goeie voornemens deur te voer, is 'n plan. Liberty se
Maandelikse gids om jou finansies in orde te kry
verskaf 'n eenvoudige 12 maande-plan wat sal sorg dat jy teen hierdie tyd aanstaande jaar finansieel fiks is.
Om vir die jaar te beplan, is eintlik 'n beginpunt vir die beplanning van die res van jou lewe. Vir baie
van ons is dit moeilik om ons voor te stel hoe ons lewens oor 30 jaar vorentoe gaan lyk, wat nog te sê nou
reeds opofferings daarvoor maak! Ons het 'n onderhoud gevoer met die 95-jarige Rosslyn Maude Magill, wat
bewys dat die lewe eers op 60 begin. Lees meer oor hierdie merkwaardige vrou, wat op die ouderdom van 91 met
klavierlesse begin het, in Spaar vir 'n tweede lewe.
Februarie is ook die maand waarin jy kan oorweeg om jou aftree-annuïteit of jou pensioenfonds aan te vul
(mits jou werkgewer dit toelaat). Die Ontvanger van Inkomste laat jou toe om tot 15% van jou inkomste
belastingvry in 'n aftree-produk te spaar. Ten einde voordeel te trek uit hierdie belastingbesparing, moet
jy voor die einde van Februarie, die einde van die belastingjaar, 'n enkelbedrag-bydrae maak. Lees
10 Redes om in 'n AA te belê en
praat met jou finansiële adviseur om te verseker dat jy hierdie belastingvoordeel ten volle benut.
|
|
 |
|
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle
sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies.
Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e-pos
stuur aan [email protected]
As jy nie 'n finansiële adviseur het nie, of jy het vrae oor jou polis, skakel ons by 0860 456 789, of skryf 'n e-pos aan [email protected]
Vriendelike groete
Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Retail SA
|
|
|
Wêreldwye ekonomiese oorsig
STANLIB se ekonome Kevin Lings en Laura Jones skryf oor die vooruitsig vir die wêreldwye ekonomie in die jaar wat voorlê. Lees meer.
Weeklikse ekonomiese nuus
The Weekly Focus lewer kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings en word saamgestel deur Paul Hansen en Kevin Lings van STANLIB. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.liberty.co.za
Prestasie-wekroep
In die jongste uitgawe van "Alexander Forbes Large Manager Watch for Global Funds" (pensioenfondse wat deur SA fondsbestuurders bestuur word, insluitend oorsee), het STANLIB in 2010 1ste uit elf groot batebestuurders in SA gekom, met 'n opbrengs van 18%. Die gemiddelde opbrengs was 14.6% en die laagste opbrengs was 11.7%.
|
|
Plaaslike ekonomiese oorsig
Liberty Life se verbruikersekonoom Tendani Mantshimuli skryf oor die voordeel daarvan om 'n omsigtige nasionale begroting te hê. Lees meer.
Beleggingsportefeulje-inligting
Beleggingsportefeuljes wat Liberty aanbied: prestasie, risiko-profiele, batetoewysing. Lees meer.
Aanlyn Polishouersdienste
Laai belastingsertifikate af, besigtig poliswaardes en ander inligting, bring jou besonderhede op datum. Lees meer.
|
|
'n Plan vir die jaar
|
|
|
"Liberty Groep is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die Finansiële Advies- en Tussentydse
Dienstewet van 2002 ("FATD") (Lisensie no. 2409). Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis,
moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger
van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële
adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang."
|
|
|