| Liberty Maandelikse Kommunikasie |
 |
Maart 2011 |
 |
 |
|
 |
|
Wêreldwyd het voedselpryse binne 'n paar maande met 10% gestyg. Weerstoestande, mededinging van
bio-brandstofvervaardigers, asook verhoogde aanvraag en verbruik het voedselpryse opgedwing. Hoewel
Suid-Afrika se voedsel-inflasie sover in toom gehou is, sal ons in die jaar vorentoe die uitwerking
van hoër voedselpryse ervaar.
Plaaslik het die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, weereens op 'n spandraad beland tussen
voortgesette eise om meer te bestee, en 'n tekort aan inkomste vanweë 'n swakker ekonomie. In die
algemeen is die begroting met positiewe reaksies begroet, maar alle oë is nou op die regering om op
die gebied van werkskepping te presteer.
Lees meer in ons
plaaslike en
wêreldwye ekonomiese oorsigte.
|
|
 |
|
Suid-Afrika se begroting word as die deursigtigste in die wêreld beskou. Die Departement van Finansies
het merkwaardig goed gevaar met die verbetering van Suid-Afrika se nasionale begroting. In die artikel
Wat ons uit die nasionale begroting kan leer, pas
ons van die beginsels van die nasionale begroting toe op die bestuur van huishoudelike begrotings.
Die nasionale begroting het beduidende veranderinge aan aftree-befondsing voorgelê, insluitend 'n verhoging
in die bedrag wat jy kan spaar met voorbelasting-inkomste, sowel as 'n sein vanaf die regering dat
voorsieningsfondse uitgefaseer moet word. Rowan Burger fokus hierop in
Veranderinge aan aftreespaargeld.
In sy begrotingstoespraak het die Minister die belangrikheid van spaar en die noodsaaklikheid vir
Suid-Afrikaners om meer te spaar, geopper. Aftree-spaargeld kan 'n weerstand-aankoop wees.
Geld vir niks is die ware verhaal
van 'n Liberty-kliënt wat elke maand 'n klein bedraggie gespaar het en sodoende 'n aansienlike
aftree-neseier bymekaargemaak het.
|
|
 |
|
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle
sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies.
Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e-pos
stuur aan [email protected]
As jy nie 'n finansiële adviseur het nie, of jy het vrae oor jou polis, skakel ons by 0860 456 789, of skryf 'n e-pos aan [email protected]
Vriendelike groete
Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Kleinhandel SA
|
|
|
Wêreldwye ekonomiese oorsig
STANLIB se ekonome Kevin Lings en Laura Jones opper hul besorgdheid oor voedselpryse. Lees meer.
Weeklikse ekonomiese nuus
The Weekly Focus lewer kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings en word saamgestel deur Paul Hansen en Kevin Lings van STANLIB. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.liberty.co.za
|
|
Plaaslike ekonomiese oorsig
Liberty Life se verbruikersekonoom Tendani Mantshimuli ontleed die Nasionale Begroting. Lees meer.
Beleggingsportefeulje-inligting
Beleggingsportefeuljes wat Liberty aanbied: prestasie, risiko-profiele, batetoewysing. Lees meer.
Aanlyn Polishouersdienste
Laai belastingsertifikate af, besigtig poliswaardes en ander inligting, bring jou besonderhede op datum. Lees meer.
|
|
Jy en die Begroting
|
|
|
"Liberty Groep is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die Finansiële Advies- en Tussentydse
Dienstewet van 2002 ("FATD") (Lisensie no. 2409). Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis,
moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger
van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële
adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang."
|
|
|