| Liberty Maandelikse Kommunikasie |
 |
Mei 2011 |
 |
 |
|
 |
|
Ontwrigting in die Midde-Ooste, die aardbewing in Japan en hoë oliepryse in die komende maande sou ernstige
gevolge vir wêreldwye ekonomiese groei en inflasie kon hê.
Plaaslik konsentreer ons ekonome op ons eie groeisyfers en daar is vroeë aanduidings dat ons vir die eerste
kwartaal van hierdie jaar relatief positiewe ekonomiese syfers te wagte kan wees. Ons moet dringend ons
groeikoers verhoog as ons die onvolhoubaar hoë vlakke van werkloosheid wil verlaag. So ver word inflasie deur
'n relatief sterk rand onder beheer gehou, maar ons sal nie teen volgehoue olieprysstygings immuun kan bly nie
en die rand se onstabiliteit maak ons kwesbaar vir inflasie-risiko's.
Lees meer in ons
plaaslike en
wêreldwye ekonomiese oorsigte.
|
|
 |
|
Ek hoop al ons moeders daarbuite het op 8 Mei 'n wonderlike Moedersdag beleef. Dit is tyd dat ons die
belangrike rol erken wat moeders speel in die ontwikkeling van die materiaal waaruit ons samelewing bestaan.
Om 'n goeie pa of ma te wees, gaan nie net oor goeie ouerskap nie, dit vereis ook dat ons verseker ons kan
finansieel vir ons kinders sorg.
Namate opvoedingskoste voortdurend met meer as ons salarisverhogings styg, word dit 'n ekonomiese
noodsaaklikheid om vir opvoeding voorsiening te maak. In die artikel
Om vir jou kind se opvoeding te spaar kyk
ons na die koste van skoolonderrig en hoe 'n opvoedingsplan doeltreffend gebruik kan word om skoolgelde
aan te vul.
Vandeesmaand deel ons ook die ervaring van een van ons personeellede en Liberty polishouers wat onlangs
ma geword het. Haar verhaal,
Die finansiële werklikheid van ouerskap, herinner
ons aan die belangrikheid van beplanning en hoe die lewe soms, ondanks die fynste beplanning, 'n ander
koers kan inslaan.
|
|
 |
|
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle
sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies.
Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e-pos
stuur aan [email protected]
As jy nie 'n finansiële adviseur het nie, of jy het vrae oor jou polis, skakel ons by 0860 456 789, of skryf 'n e-pos aan [email protected]
Vriendelike groete
Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Kleinhandel SA
|
|
|
Liberty se nuwe risikovoordele
Liberty het verlede week twee opwindende nuwe voordele beskikbaar gestel - die
Helelewens enkelbedrag ongeskiktheidsvoordeel asook die
Lewensnoodsaaklikheidsvoordeel. Praat
met jou finansiële adviseur om meer hieroor uit te vind!
Wêreldwye ekonomiese oorsig
STANLIB se ekonome Kevin Lings en Laura Jones spreek kommer uit oor die olieprys en die uitwerking wat dit op wêreldwye ekonomiese groei sal hê. Lees meer.
Weeklikse ekonomiese nuus
The Weekly Focus lewer kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings en word saamgestel deur Paul Hansen en Kevin Lings van STANLIB. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.liberty.co.za
|
|
Plaaslike ekonomiese oorsig
Liberty se verbruikersekonoom Tendani Mantshimuli fokus op Suid-Afrika se groeikoers en hoekom dit noodsaaklik is dat ons die werkloosheidskrisis oplos. Lees meer.
Beleggingsportefeulje-inligting
Beleggingsportefeuljes wat Liberty aanbied: prestasie, risiko-profiele, batetoewysing. Lees meer.
Aanlyn Polishouersdienste
Laai belastingsertifikate af, besigtig poliswaardes en ander inligting, bring jou besonderhede op datum. Lees meer.
|
|
Ouerskap
|
|
|
"Liberty Groep is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die Finansiële Advies- en Tussentydse
Dienstewet van 2002 ("FATD") (Lisensie no. 2409). Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis,
moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger
van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële
adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang."
|
|
|