Wil jy met ons praat?
Indien jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, stuur hulle asseblief aan [email protected]

Poliswaardes en Belastingsertifikate
Vir poliswaardes en belastingsertifikate, sleutel in op die Polishouersdienste ('Policyholder Servicing') webtuiste
of besoek ons webtuiste gerus by www.liberty.co.za

    Liberty Maandelikse Kommunikasie Junie 2011
Die wêreldekonomie sukkel om kop bo water te hou na verskeie slegte verrassings, insluitend politieke onrus, hoër oliepryse en aardbewings. Hoewel die risiko van terugkerende resessie-toestande in die afgelope jaar aansienlik afgeneem het, het ander risiko's soos ongelyke ekonomiese vertonings oor streke heen, potensiële skuld-agterstand in die Euro-gebied en hoë voedsel- en energie-inflasie, toegeneem.

Plaaslik word op rentekoerse gefokus en wanneer ons die eerste rentekoersverhoging kan verwag. Die goewerneur van die Reserwebank, Gill Marcus, het dit uitgespel dat die Bank rentekoerse sal verhoog as inflasie buite die teikengebied beweeg. Die Bank het ook sy kommer uitgespreek oor ekonomiese herstel.

Lees meer in ons plaaslike en wêreldwye ekonomiese oorsigte.


Aan die begin van die jaar het ons 'n maand-tot-maand gids verskaf om jou te help om jou geldsake te reël. Siende dat ons nou halfpad deur die jaar is, is dit 'n goeie tyd om jou finansies te hersien deur ons artikel Is jy op koers? te lees. Indien jy nog nie daarby uitgekom het nie, verskaf ons eenvoudige maniere waarop jy jou geldsake in orde kan begin kry.

Een van die aspekte van op koers te wees, is om seker te maak dat jou polisse op datum is. Ek het met belangstelling gelees dat Joost van der Westhuizen aan die media gesê het toe hy met motor-neuronsiekte gediagnoseer is, hy seker gemaak het of sy polisse versorging aan sy kinders sou bied.

Versekering is iets wat jy hoop jy nooit sal benodig nie, maar wanneer jy dit wel nodig het, is dit van onskatbare waarde. Die artikel Wanneer die lewe gebeur is gebaseer op 'n brief van een van ons kliënte en dit herinner 'n mens daaraan dat hoewel dit soms voel asof die lewe 'n dobbelspel is, daar tog maniere is waarop jy voorsorg kan tref.

Dit is ook nou die tyd van die jaar wanneer jy jou belastingdokumente in orde sal kry. Kliënte kan hul Liberty belastingdokumente op ons webtuiste kry www.liberty.co.za of ons skakel by 0860 456 789.


Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies.

Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e-pos stuur aan [email protected]

As jy nie 'n finansiële adviseur het nie, of jy het vrae oor jou polis, skakel ons by 0860 456 789, of skryf 'n e-pos aan [email protected]

Vriendelike groete

Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Kleinhandel SA


Wêreldwye ekonomiese oorsig

STANLIB se ekonome Kevin Lings en Laura wys daarop dat die eerste helfte van hierdie jaar 'n klompie onaangename verrassings opgelewer het en dat die wêreld steeds lyk of dit gevaarlik van balans af is. Lees meer.


Weeklikse ekonomiese nuus

The Weekly Focus lewer kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings en word saamgestel deur Paul Hansen en Kevin Lings van STANLIB. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.stanlib.com.
Plaaslike ekonomiese oorsig

Liberty Life se verbruikersekonoom Tendani Mantshimuli skryf oor die Monetêre Beleidskomitee se besluit om koersverhogings terug te hou. Lees meer.
Hersien jou finansies



"Liberty Groep is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die Finansiële Advies- en Tussentydse Dienstewet van 2002 ("FATD") (Lisensie no. 2409). Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang."


Indien jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, stuur hulle asseblief aan [email protected]