Wil jy met ons praat?
Indien jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, stuur hulle asseblief aan [email protected]

Poliswaardes en Belastingsertifikate
Vir poliswaardes en belastingsertifikate, sleutel in op die Polishouersdienste ('Policyholder Servicing') webtuiste
of besoek ons webtuiste gerus by www.liberty.co.za

    Liberty Maandelikse Kommunikasie Julie 2011
Suid-Afrika se insluiting in die BRICS-forum skep vir sowel die land as die kontinent belangrike geleenthede. Teen 2015 sal die gesamentlike opbrengs van die BRICS-lande na verwagting dié van die VSA verbysteek, met 'n totale BBP-waarde wat meer as 22% van die wêreld se totaal uitmaak.

Onlangse ekonomiese inligting wys daarop dat Suid-Afrika se ekonomie sterk gegroei het. Verbruikersbesteding neem toe, wat daarop dui dat verbruikers meer optimisties voel. Verbruikerskuldvlakke bly egter 'n bron van kommer, veral namate ons nader aan 'n omgewing met hoër rentekoerse beweeg. Vervaardigingsbedrywighede is positief, maar volgehoue groei vir vervaardigingsuitvoere is afhanklik van die sterk groei van ons internasionale handelsvennote se ekonomieë.

Lees meer in ons plaaslike en wêreldwye ekonomiese oorsigte.


Daar is altyd 'n debat oor of ons eers skuld moet aflos voordat ons met 'n spaarplan begin, omdat skuld jou finansiële kwesbaarheid verhoog. In die artikel Om skuld en spaar te balanseer ondersoek ons die debat en hoe jy 'n balans kan verkry tussen die skep van rykdom en die afbetaling van skuld.

Een van ons finansiële adviseurs, Onalenna Disipi, deel in 'n Adviseur se perspektief haar siening oor die uitdagings van kliënte in die huidige ekonomiese omgewing met ons, en beveel aan hoe om skuld aan te pak ten einde met die skep van rykdom te begin.


Dit is ook die tyd van die jaar wanneer jy jou belastingdokumente in orde moet kry. Ons sal binnekort begin om IRP5 / IT3a-belastingsertifikate uit te stuur. Die e-posse sal sleutelwoorde benodig om dit oop te maak, om te verhinder dat ongemagtigde persone dit kan oopmaak. Skakel asseblief ons oproepsentrum by 0860 456 789 indien u enige vrae oor die sertifikate het. Navrae kan per e-pos gestuur word aan [email protected]


Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies.

Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e-pos stuur aan [email protected]

As jy nie 'n finansiële adviseur het nie, of jy het vrae oor jou polis, skakel ons by 0860 456 789, of skryf 'n e-pos aan [email protected]

Vriendelike groete

Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Kleinhandel SA


Wêreldwye ekonomiese oorsig

STANLIB-ekonome Kevin Lings and Laura neem Suid-Afrika se geleenthede in oënskou as 'n lid van die BRICS-forum. Lees meer.


Weeklikse ekonomiese nuus

The Weekly Focus lewer kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings en word saamgestel deur Paul Hansen en Kevin Lings van STANLIB. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.liberty.co.za
Plaaslike ekonomiese oorsig

Liberty Life se verbruikersekonoom Tendani Mantshimuli neem die jongste ekonomiese inligting in oënskou, asook wat dit van ons ekonomie en toekomstige uitdagings sê. Lees meer.


Beleggingsportefeulje-inligting

Beleggingsportefeuljes wat Liberty aanbied: prestasie, risiko-profiele, batetoewysing.
Lees meer.


Aanlyn Polishouersdienste

Laai belastingsertifikate af, besigtig poliswaardes en ander inligting, bring jou besonderhede op datum.
Lees meer.
Skuld versus spaar



"Liberty Groep is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die Finansiële Advies- en Tussentydse Dienstewet van 2002 ("FATD") (Lisensie no. 2409). Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang."


Indien jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, stuur hulle asseblief aan [email protected]