Wil jy met ons praat?
Indien jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, stuur hulle asseblief aan [email protected]

Poliswaardes en Belastingsertifikate
Vir poliswaardes en belastingsertifikate, sleutel in op die Polishouersdienste ('Policyholder Servicing') webtuiste
of besoek ons webtuiste gerus by www.liberty.co.za

    Liberty Maandelikse Kommunikasie Augustus 2011
Die VSA en sekere Europese lande is midde-in 'n ongekende skuldkrisis. Deurdat hulle vir te lank bo hul vermoëns geleef het, staan hulle nou voor die uiters werklike risiko van bankrotskap. Tog is dit nie alle lande wat hierdie lot deel nie: omsigtige beleidsrigtings het Duitsland se ekonomie 'n hupstoot gegee, terwyl ontwikkelende lande in Asië en Afrika voortgaan om beter as die res te presteer.

Plaaslik is ons weer eens die nuus van 'n rentekoersverhoging gespaar deurdat die Monetêre Beleidskomitee die groeimikpunte van sy mandaat in ag geneem het. Dit bied aan verbruikers 'n welkome blaaskans om met die terugbetaling van skuld te begin.

Lees meer in ons plaaslike en wêreldwye ekonomiese oorsigte.


Op 9 Augustus het ons Vrouedag gevier. Dit is ongelooflik dat vroue in die westerse wêreld net meer as 100 jaar gelede nog nie stemreg gehad het nie. In talle samelewings het vroue in die afgelope eeu betekenisvol vooruitgebeur. Waarom praat ons dan steeds oor vroue en hul geldsake? Lees meer in ons artikel Vroue en geld.

Terwyl vrouesake hierdie maand bo-aan die agenda is, is daar ook ander gebiede van ons samelewing wat ons onder die vergrootglas moet plaas as ons 'n wêreld wil skep waarin ons kleinkinders nie net groter gelykheid sal ervaar nie, maar ook steeds vars lug sal kan inasem. Lees in die artikel Hupstoot vir maatskaplik verantwoordelike beleggings oor die nuwe beleggingskode waaraan Liberty sal voldoen om te verseker dat ons omgewings-, maatskaplike en bestuurskwessies in ag neem wanneer ons beleggingsbesluite neem.


Dit is die tyd van die jaar om u belastingdokumente in orde te kry. Ons sal binnekort IRP5 / IT3a-belastingsertifikate per e-pos uitstuur. Die e-posboodskappe sal geënkodeer wees ('n sleutelwoord sal benodig word) om te verhinder dat ongemagtigde persone dit kan oopmaak. Skakel asseblief ons oproepsentrum by 0860 456 789 indien u enige vrae oor die sertifikate het. E-posboodskappe kan gestuur word aan [email protected]


Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies.

Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e-pos stuur aan [email protected]

As jy nie 'n finansiële adviseur het nie, of jy het vrae oor jou polis, skakel ons by 0860 456 789, of skryf 'n e-pos aan [email protected]

Vriendelike groete

Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Kleinhandel SA


Wêreldwye ekonomiese oorsig

STANLIB ekonome Kevin Lings en Laura Jones bekyk die skuldontploffing in die VSA en Europa. Lees meer.


Weeklikse ekonomiese nuus

The Weekly Focus lewer kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings en word saamgestel deur Paul Hansen en Kevin Lings van STANLIB. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.liberty.co.za
Plaaslike ekonomiese oorsig

Liberty Life se verbruikersekonoom Tendani Mantshimuli skryf oor die implikasies van die Monetêre Beleidskomitee se besluit om rentekoerse onveranderd te laat. Lees meer.


Beleggingsportefeulje-inligting

Beleggingsportefeuljes wat Liberty aanbied: prestasie, risiko-profiele, batetoewysing.
Lees meer.


Aanlyn Polishouersdienste

Laai belastingsertifikate af, besigtig poliswaardes en ander inligting, bring jou besonderhede op datum.
Lees meer.
Vroue en Geld



"Liberty Groep is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die Finansiële Advies- en Tussentydse Dienstewet van 2002 ("FATD") (Lisensie no. 2409). Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang."


Indien jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, stuur hulle asseblief aan [email protected]