Wil jy met ons praat?
Indien jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e–pos, stuur hulle asseblief aan [email protected]

Poliswaardes en Belastingsertifikate
Vir poliswaardes en belastingsertifikate, sleutel in op die Polishouersdienste ('Policyholder Servicing') webtuiste
of besoek ons webtuiste gerus by www.liberty.co.za

    Liberty Maandelikse Kommunikasie September 2011
Goudpryse het die afgelope vyf jaar voortdurend gestyg en hierdie momentum is aangeblaas deur verdere internasionale onsekerheid, veral nadat die graderingsagentskap Standard & Poors die VSA se skuld vir die eerste keer in die geskiedenis afgegradeer het. Goud het in wese die verkose geldeenheid geword. Trouens, waar anders belê jy as die wêreld se handelseenheid afgegradeer word, Europa midde–in 'n skuldkrisis is en London aan die brand is?

Hierdie wêreldwye bekommernisse het oorgespoel na ons ekonomie, wat heelwat swakker is as wat verwag is omdat ons deur die internasionale woelinge afgerem word. Uitvoere is beperk en verbruikersbesteding bly gedemp. Rentekoerse sal ook vir 'n langer tydperk onveranderd bly.

Lees meer in ons plaaslike en wêreldwye ekonomiese oorsigte.


September is die maand van lente en vernuwing. Dit is tyd dat ons die winter–neerslagtigheid afskud en nuwe projekte met hernieude energie aanpak. Gebruik hierdie positiewe energie van die nuwe seisoen om jou ingesteldheid te verander en om planne te maak om jou doelwitte te bereik. In die artikel Positiewe aksie is die geheim vir sukses kyk ons hoe 'n positiewe houding jou geluk kan laat draai.

Ook op die tema van positiwiteit: onthou om dankbaar te wees vir alles wat goed is in jou lewe. Lees vir inspirasie ons artikel Die krag van dankbaarheid.

Laastens is dit belangrik om te onthou dat jou aksies jou ervarings bepaal. Die artikel Hoe om 'n positiewe eis–ervaring te beleef verduidelik jou rol om te verseker dat jou eise ten volle uitbetaal word wanneer jy hulle die nodigste het.


Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies.

Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e–pos stuur aan [email protected]

As jy nie 'n finansiële adviseur het nie, of jy het vrae oor jou polis, skakel ons by 0860 456 789, of skryf 'n e–pos aan [email protected]

Vriendelike groete

Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Kleinhandel SA


Wêreldwye ekonomiese oorsig

STANLIB se Hulpbron–Analis Kobus Nell kyk wat dryf die goudprys en na wat die toekoms vir Suid–Afrika se gunsteling edelmetaal inhou. Lees meer.


Weeklikse ekonomiese nuus

The Weekly Focus lewer kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings en word saamgestel deur Paul Hansen en Kevin Lings van STANLIB. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.liberty.co.za
Plaaslike ekonomiese oorsig

Liberty Life se verbruikersekonoom Tendani Mantshimuli spreek kommer uit oor die Suid–Afrikaanse ekonomie omdat daar vroeë aanduidings is dat die groei wankel. Lees meer.


Beleggingsportefeulje–inligting

Beleggingsportefeuljes wat Liberty aanbied: prestasie, risiko–profiele, batetoewysing.
Lees meer.


Aanlyn Polishouersdienste

Laai belastingsertifikate af, besigtig poliswaardes en ander inligting, bring jou besonderhede op datum.
Lees meer.
Positiewe gesindheid



"Liberty Groep is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die Finansiële Advies– en Tussentydse Dienstewet van 2002 ("FATD") (Lisensie no. 2409). Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD–wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang."


Indien jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e–pos, stuur hulle asseblief aan [email protected]