Besparings Vraelys

Berg jy jou geld of bestee jy asof dit uit die mode gaan? Stel meer vas in ons vasvra-speletjie.



1. Wat is die doeltreffendste manier om petrol te spaar?
a. Skakel die lugre�ling af.
a:
b. Volg ‘n roete wat al die verkeersligte vermy.
b:
c. Draai die vensters oop.
c:
2. As jy bonus kry:
a. Bestee ek dit natuurlik. Dis waarvoor bonusse is.
a:
b. Betaal dit op die verband. So spaar ek baie rente.
b:
c. Ek bestee ‘n bietjie en betaal skuld af met die res. Alles gaan oor balans.
c:
3. Het jy lojaliteitskaarte of behoort jy aan lojaliteitsprogramme?
a. Nee.
a:
b. Ja, en ek gebruik meestal die punte / myle / kontantterugbetaling wat ek kry.
b:
c. Ja, maar dis so ‘n ‘schlep’ om dit te bestee, dat ek my nie daaroor kwel nie.
c:
4. Bring jy toebroodjies van die huis af werk toe?
a. Gewoonlik.
a:
b. Nee.
b:
c. Soms.
c:
5. Hoe dikwels koop jy nuwe skoene?
a. Een keer per seisoen.
a:
b. Dit hang af hoe die volgende seisoen se modes lyk.
b:
c. Ek dra my skoene voos.
c:
6. Jy kan die beste bespaar op jou waterrekening deur:
a. Te stort (veral saam met ‘n vriend).
a:
b. Jou swembadstelsel met ‘n soutwaterstelsel te vervang.
b:
c. Die dak-afloop in tenks te laat opgaar en dit vir die tuin te gebruik.
c:
7. Hoeveel skuld het jy?
a. Heelwat, maar daar’s lig aan die einde van die tonnel.
a:
b. Geen, of bitter min.
b:
c. Ek gaan gebuk daaronder.
c:
8. Watter van hierdie opsies sal jou teen die einde van die jaar die meeste geld bied?
a. Deur elke maand R250 in ‘n rekening te bel� wat 10% rente betaal.
a:
b. Deur aan die begin van die jaar R3000 in ‘n rekening te sit waarvan die opbrengs 7% is.
b:
c. Deur R3000 in ‘n houer onder die bed te sit.
c:
9. Watter is die ongunstigste transaksie ?
a. Drie vir die prys van twee.
a:
b. 50% ekstra gratis.
b:
c. 30% korting.
c:
10. Wat is die beste manier om vir aftrede te spaar?
a. Sluit aan by ‘n onderneming met ‘n goeie aftree-skema.
a:
b. Het nie nou enige hulpbronne vir aftree-spaargeld nie: op elke sent wat ek verdien, is daar aanspraak. Ek sal later iets uitwerk.
b:
c. Deur ‘n private plan op te stel en vasberade te bel�, ongeag wat gebeur.
c: