| Liberty Maandelikse Kommunikasie |
 |
April 2011 |
 |
 |
|
 |
|
Om te spaar is besig om wêreldwyd 'n noodsaaklikheid te word. Suid-Afrika se lae spaarkoers beperk ons
vermoë om in ons ekonomie te belê en veroorsaak dat ons toenemend op internasionale kapitaal staatmaak.
Europa word deur die dilemma in die gesig gestaar dat daar nie genoeg werkendes sal wees om sy ouer
wordende bevolking te ondersteun nie. Dit sal geweldige druk op belastingbetalers plaas, tensy Europa
die spaarvlakke van werkendes dramaties kan verhoog om te verseker dat hulle teen aftrede selfversorgend
sal wees.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Kwaartaallikse Bulletin lug die mening dat dinge besig is om marginaal
vir verbruikers te verbeter, hoewel die uitdagings van hoër inflasiekoerse en potensieel hoër rentekoerse
nog voorlê.
Lees meer in ons
plaaslike en
wêreldwye ekonomiese oorsigte.
|
|
 |
|
Ons almal weet dat ons meer behoort te spaar. Die rede waarom ons dit nie doen nie, is dat ons die
uitwerking daarvan eers voel wanneer ons aftree - iets wat vir baie mense nog ver in die toekoms lê.
Hoewel, wanneer ons by daardie punt kom, is dit reeds te laat. In die artikel
"Wat verhinder jou om te spaar?" kyk
Andrew Warren na die gedrag wat ons in die twintiger-, dertiger- en veertigerjare verhinder om te
spaar en na hoe ons beheer kan neem van ons toekoms..
Ons sluit ook 'n Spaarvasvra in
om jou te help om jou 'geld-persoonlikheid' te bepaal. Is jy iemand wat jou geld opgaar, of bestee
jy dit asof dit uit die mode gaan? Miskien weet jy eenvoudig nie hoe maklik dit is om te spaar nie?
Doen gerus die vasvra-speletjie: dit is pret en sal selfs moontlik vir jou een of twee wenke hê oor
hoe om jou spaar-puntetelling te verteber.
Allan Greenblo, redaksionele direkteur van Today's Trustee, het 'n kragtige artikel met die opskrif
Lack of savings culture remains a national malaise. Hy skryf oor die gebrekkige spaarkultuur in
Suid-Afrika en maak die stelling dat, ondanks verbruikersopvoeding en 'n horde opnames wat daarop
dui dat 94% van Suid-Afrikaners hulself nie gedurende aftrede sal kan onderhou nie, ons spaarkoers
nogtans gedaal het.
Hy moedig die regering aan om deur voorbeeldstelling te lei - daar moet op verkwistende besteding
besnoei word en eerder in die ekonomie belê word, stel hy voor. Hy staan ook optrede soos verpligte
beskerming en laer aftree-spaarkoste voor. Sy slot spreek boekdele: daar is rede tot kommer want
volgens hom sal die ergste gevolge van 'n nie-spaar kultuur nog vorentoe gevoel word.
Liberty het vandeesmaand 'n spaarveldtog geloods omdat ons die behoefte raaksien om die land se
spaarkoers te verbeter sodat ons nie onder die 'ergste gevolge' wat deur Greenblo voorsien word, sal
hoef te ly nie.
|
|
 |
|
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle
sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies.
Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e-pos
stuur aan [email protected]
As jy nie 'n finansiële adviseur het nie, of jy het vrae oor jou polis, skakel ons by 0860 456 789, of skryf 'n e-pos aan [email protected]
Vriendelike groete
Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Kleinhandel SA
|
|
|
Wêreldwye ekonomiese oorsig
STANLIB se ekonome Kevin Lings en Laura Jones skryf oor die noodsaaklikheid van spaar, vir sowel die ondersteuning van 'n ouer wordende bevolking as die feit dat dit 'n belangrike bestanddeel van groei is. Lees meer.
Weeklikse ekonomiese nuus
The Weekly Focus lewer kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings en word saamgestel deur Paul Hansen en Kevin Lings van STANLIB. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.liberty.co.za
|
|
Plaaslike ekonomiese oorsig
Liberty Life se verbruikersekonoom Tendani Mantshimuli lewer kommentaar oor die jongste Kwartaallikse Bulletin en wat dit sê van die stand van die Suid-Afrikaanse verbruiker. Lees meer.
Beleggingsportefeulje-inligting
Beleggingsportefeuljes wat Liberty aanbied: prestasie, risiko-profiele, batetoewysing. Lees meer.
Aanlyn Polishouersdienste
Laai belastingsertifikate af, besigtig poliswaardes en ander inligting, bring jou besonderhede op datum. Lees meer.
|
|
Kollig op spaar
|
|
|
"Liberty Groep is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die Finansiële Advies- en Tussentydse
Dienstewet van 2002 ("FATD") (Lisensie no. 2409). Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis,
moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger
van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële
adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang."
|
|
|